
24 Julie 2026

26 Junie 2026
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus

Noordelike Sinode reik uit
Die nasionale repatriasie van immigrante wat vroeër vanjaar begin en in Junie-maand eskaleer het, het gelei tot noodsituasies in Musina (Beitbrug) en ook by verskeie ambassades in Pretoria.
Letterlik duisende mense (gedokumenteerde asook ongedokumenteerde persone) het gedurende hierdie tyd gewag op verwerking van hul dokumentasie en vervoer na hul lande van herkoms. Die regering het besluit dat alle immigrante wat na hulle lande moes terugkeer, deur een grenspos naamlik dié van Beitbrug by Musina, moes reis. Dit het die druk op hulpbronne aansienlik verhoog. Persone wat nie tot in Musina kon reis nie, het hul gewend tot die ambassades in Pretoria om hul reis- of verblyfdokumentasie in orde te kry.


Gemeentes in Limpopo en Pretoria het bewus geword van die nood waarin hierdie sentrums verkeer en het uitgereik na die sameroeper van die Taakspan Rampe, Jack Radford.
Een oproep
’n Versoek vir ondersteuning is aan al die gemeentes gestuur en die reaksie hierop het alle verwagtinge oorskry. Die omvang van die bydraes het die taakspan instaat gestel om, gegewe die spesifieke behoeftes wat beide in Musina en in Pretoria identifiseer is, hulpbronne so toe te deel dat 'n daadwerklike verskil gemaak kon word.


Musina
In Musina het Willie Korb (leraar in Musina) in samewerking met ander taakspanafgevaardigers asook plaaslike organisasies, kos- en sanitêre produkte, klere en water versprei. Willie se span het ook gehelp met bemoediging van die reisigers.

Pretoria
By die ambassades van Mosambiek, Malawië en Zimbabwe het die Ring van Pretoria-Oos gehelp met die voorsiening van etes en verskaffing van items soos komberse en ander benodighede.
Hul het onder andere inwoners van Huis Piek betrek om te deel in die voorbereiding van toebroodjies aan die wagtende mense.

Dank
Die Taakspan bedank elkeen vir hul bydrae, ondersteuning en gebede gedurende hierdie krisistydperk in ons streek.
Mag ons as Kerk ’n sigbare teken van Christus se barmhartigheid wees in ’n tyd van groot nood.
Lees die volledige gemeentebrief oor die projek en toekomstige aktiwiteite waar gemeentes betrokke kan raak, hier.

2027-kalenders
Kerkkalender
Die Algemene Sinode het die basis vir die 2027-kerkkalender beskikbaar gestel op hul webwerf. Gemeentes is welkom om dit te gebruik en dit na gelang van jul behoeftes aan te pas.
Skoolkalender
Die Departement van Onderwys het die voorlopige skoolkalender vir 2027 gepubliseer op hul webwerf.

Sinodenuus

Beroep aanvaar
Rehan Rheeder het die beroep as hoof uitvoerende beampte van die Noordelike Sinode aanvaar. Hy sal tydens die sinodesitting in Oktober bevestig word en sal dan op 1 November 2026 diens aanvaar.

Sinodesitting
Droomdraers
Na deeglike besinning het die SDR besluit dat die tema van die Noordelike Sinode se sitting van 18 tot 22 Oktober te Weesgerus buite Modimolle, DROOMDRAERS sal wees. Hierdie tema sal in in drie subtemas uitgepak word, te wete: Onthou, Verbeel en Leef. Die subtemas sou ook beskryf kon word as nadenke oor gister, môre en vandag.
Geloofsbriewe
Gemeentes kan die geloofsbriewe vir die sinodesitting hier aflaai om te voltooi. Voltooide briewe moet asseblief teen 14 Augustus teruggestuur word aan [email protected]. Navrae oor die voltooiing van die briewe kan aan dieselfde adres gestuur word of jul kan haar skakel by 082 496 6317.
Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
25 Julie Liesel Krause-Wiid (Kameeldrif)
27 Julie Magdaleen Sadie (Louis Trichardt)
30 Julie Wynand van Niekerk (SKDBM)
Emeriti
30 Julie Jan Blignaut
Eggenote
29 Julie Carina Scholtz, eggenote van Johan (Montana)

Gelukwense
Hartlik geluk aan Elianna en Ernst van Wyk (Lynnwood Gemeente) met hul huweliksbevestiging op 27 Junie.

Hospitaal
Peet Venter van die Gemeente Pietpotgietersrust was in die hospitaal.
Bewegings
Bevestig
Henk Brits (diensleraar) het die beroep na Dalunie Gemeente aanvaar en word op 26 Julie bevestig.

Afskeid
Driaan en Maggie Britz se afskeid by die Rustenburg-Suid Gemeente vind plaas op 26 Julie. Hy het 'n beroep aanvaar na die Gemeente Pretoria-Tuine en word op 16 Augustus daar bevestig.

Gesondheid
Julie is geestesgesondheidsbewustheidsmaand
Die Raad vir Mediese Skemas het op hul webwerf 'n deeglike uiteensetting van voordele waartoe mediese skema lede behoort te hê (ongeag hul opsiekeuse) vir die behandeling van geestessiektetoestande. Lees die beskrywing hier.

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
25 Julie 1968 Pierneefrant
28 Julie 1961 Nylstroom-Oos
29 Julie 1960 Universiteitsoord
Projekte
Ring van Pietersburg
Freddie Prozesky vertel: "Die Ring van Pietersburg het 'n bediening om lidmate van ander dorpe wat in Polokwane in die hospitaal is, te besoek sodat leraars van ander dorpe nie nodig het om ver te ry nie. Leraars kan met enige predikant in die Ring skakel en ons sal met liefde hulle lidmate gaan besoek."

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Overkruin

Riviera-Jakaranda

Florandia

Kameeldrif

Lynnwood

Pretoria-Tuine

Stellastraat

Florauna

Universiteitsoord

Universiteitsoord skryf: "Kaskar 2026 is om die draai. 14 Augustus trek verskillende spanne, jonk en oud, weer weg om te sien wie die meeste en die vinnigste rondom die kerk kan hardloop.
Dit is NG Universiteitsoord se grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar. Die fondse word gebruik om ons gemeente te onderhou, uitreike van studente te ondersteun en ons preekreekse aan die gang te hou!
Ons skop hierdie jaar 'n nuwe projek af "DRIVE TO SURVIVE”.
Vind meer uit oor hoe jy kan deelneem HIER"
Lees hier vir volledige besonderhede.
Wonderpark

Rietfontein-Suid

Hartbeespoort

Monumentpark

Brits


Omgeenuus

Drie van die bestes!
Die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid (SKDBM) skryf: "Ons is baie trots op 3 van ons organisasies wat genomineer is vir "Best of Pretoria". Die nominasies is in die volgende kategorieë:
Huis Vergenoeg in "Best Retirement Village": https://www.bestofsouthafrica.co.za/pretoria/bop-voting-entertainment/
Jakaranda Kinderhuis in "Best Children and Youth Support Centre": https://www.bestofsouthafrica.co.za/pretoria/bop-voting-services/
Louis Botha Kinderhuis se Finders Keepers in "Best Second Hand Goods Shop" en "Best Thrift Shops": https://www.bestofsouthafrica.co.za/pretoria/bop-voting-shopping/
Ons sal dit baie waardeer indien lesers hierdie organisasies kan ondersteun deur vir hul te stem. Maak gebruik van die skakels by elke organisasie om u stem uit te bring."
Besoek gerus die webwerf van "Best of Pretoria" vir volledige besonderhede oor die kompetisie.

Van vêr genoeg tot Vergenoeg
Franco Scheffer, Bestuurder van Vergenoeg, skryf soos volg: "In die vroeë 1900's het die Britse regering, wat toe in beheer van Kenia was, Suid-Afrikaanse Boere na Kenia genooi om hulle as landbouers in die Skeurvallei te vestig. Vanaf 1903 het baie Afrikanerboere om die dorpie Eldoret begin boer.
Die eerste NG gemeente in Kenia is op 29 November 1908 deur ds. L.M. Louw in die dorpie Nakuru gestig. Hy het die gemeente VERGENOEG genoem, want hy het gesê die Boere het vêr genoeg getrek. Hulle het melktert geëet en jukskei gespeel – vandag se Vergenoeg-mense in Pretoria doen dit nog steeds."
Lees die volledige artikel hier.

Stabilis Behandelingsentrum
Beskikbare programme

Behoefte

Harmonie Oord

Beskikbare dameskamers
Die tehuis het tans dameskamers beskikbaar. Skakel gerus met Harmonie Oord om meer inligting.

Talentaand: Abraham Kriel Kinderhuis
Lesers word hartlik uitgenooi na die spesiale geleentheid op 15 Augustus te Weesgerus.

Toerusting

27 Julie, Boekgesprek: Miga6:8-Taakspan
Kerkbode skryf: "Die Miga6:8 Taakspan vir Versoening en Geregtigheid bied vanaf Maandag, 27 Julie, 'n aanlyn boekgesprek wat oor vier weke (Maandae 15:00 - 16:15) strek.
Die tema is "Saam dink ons oor versoening, geregtigheid, dissipelskap en die kerk se roeping in Suid-Afrika."

30 Julie, Kerkreg: Vergaderings kan sinvol wees!
Excelsus skryf: "Vergaderings vorm ’n groot deel van ons kerklike lewe, maar word nie altyd as sinvol of lewegewend beleef nie. Onder leiding van prof. Johan van der Merwe gaan ons prakties nadink oor die hoe en wat van vergaderings binne gemeenteverband. Die gesprek beweeg van die vraag of vergaderings ’n plig of ’n plesier is, na die kuns van sinvolle vergaderings en selfs die moontlikheid om van ’n agenda na ’n liturgie te beweeg. Ons kyk ook na toepaslike bepalings in die Kerkorde.
Hierdie sessie op 30 Julie is dus nie net vir mense met ’n besondere belangstelling in kerkreg nie. Dit is vir elke predikant, gemeenteleier en lidmaat wat verlang dat ons vergaderings ruimtes van onderskeiding, goeie gesprek en betekenisvolle deelname sal wees. Maak gerus hiervoor plek in jou dagboek en registreer voor 28 Julie."

4 en 5 Augustus, Preaching Luke backwards.
Prof Eric B. Barreto.
4 Augustus, Stellastraat Gemeente en aanlyn. Lees en registreer hier.
5 Augustus, Holy Cross Anglican Church, Orlando en aanlyn. Lees en registreer hier.
13 Augustus, Die pastor in ‘n eeu van egtheid.
Excelsus skryf: "Ons vestig ook graag jou aandag op dr. Gerrie Bodenstein se sessie, “Die pastor in ’n eeu van egtheid”, op 13 Augustus. Die bediening het die afgelope dekades ingrypend verander en baie predikante beleef spanning rondom identiteit, relevansie en roeping. Gerrie gaan ons help om die kulturele wêreld waarin ons bedien beter te verstaan en saam te besin oor wat dit vandag beteken om ’n geloofwaardige pastor te wees. Ons dink hierdie gesprek sal vir baie kollegas besonder aktueel en waardevol wees."

1 September, Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk.

17 September, Ons en die ander: waarom ons gelowe verskil.

8 Oktober, Toekoms en Teologie

16 - 19 November, Brugbediening

2027, Opleiding as bedienaar
Kerkraadslede wat begeer om opgelei te word om bv eredienste te lei, jeugbediening of pastorale versorging te doen (vir meer opleidingsbane verwys na die grafika hieronder), deurloop die KAST-opleiding (kerklik-geakkrediteerde sertifikaat in teologie) by die Hugenote Kollege. Daar is ook 'n keuringsproses vir persone wat in die plaaslike gemeente in hierdie rol aangewend wil word.

Ander
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Kremetart Gemeente (Polokwane)
'n Vakature vir 'n voltydse leraar is beskikbaar in die gemeente. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2026
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Van elders: Die NG en NHKA gemeentes Hendrina staak eredienste
Tielman Roux skryf in die Oostelike Sinode se nuusbrief, Familienuus: "Ja, jy lees reg. Op Sondag 12 April 2026 het die NG en Hervormde gemeentes op Hendrina opgehou om aparte eredienste te hou. Nie omdat daar moeilikheid was nie. Nie omdat een gemeente moes sluit nie. En ook nie omdat ons saamgesmelt het nie. Inteendeel." Lees die volledige artikel hier.

Geleenthede
Centurion Rusoord het gevra dat ons lesers uitnooi na hul Wintersmark op 1 Augustus.

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

