
26 Junie 2026

26 Junie 2026
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Die volgende Verskil sal Vrydag, 24 Julie, versprei word.
Varsnuus

Rehan aan die stuur
Tydens die Sinodale Diensraad (SDR) se vergadering van 24 Junie, is Rehan Rheeder beroep as Hoof Uitvoerende Beampte van die Noordelike Sinode.

Rehan is in die plek van Paul Grobler, die huidige Direkteur van die Noordelike Sinode, beroep. Paul tree einde November vanjaar uit diens.
Indien Rehan die pos aanvaar, sal hy tydens die Sinodesitting in Oktober bevestig word.
Tans is Rehan voltyds in diens van die Noordelike Sinode as Saakgelastigde. Sy bediening as predikant het tydens sy diensplig, in die Gemeente Pietersburg begin. Hy is daarna in die Gemeente Weenen in KwaZulu-Natal georden, waarna sy spoor via Koppies in die Vrystaat en Villieria in Pretoria geloop het. Rehan is tans gekoppel aan die Gemeente Universiteitsoord.
Hy is getroud met Anneke en hulle het twee kinders wat beide getroud is.
Droomdraers
Na deeglike besinning het die SDR besluit dat die tema van die Noordelike Sinode se sitting van 18 tot 22 Oktober te Weesgerus buite Modimolle, DROOMDRAERS sal wees. Hierdie tema sal in in drie subtemas uitgepak word, te wete: Onthou, Verbeel en Leef. Die subtemas sou ook beskryf kon word as nadenke oor gister, môre en vandag.

Sinodenuus

Vreemdelinge en vlugtelinge: Wat vra die Here nou van ons?
Nioma Venter skryf namens die Taakspan Ekumene van die Algemene Sinode, in Kerkbode gedateer 22 Junie: "Ons deel die oortuiging dat geweld, ontmensliking en haat geen plek in die lewe van Christene het nie.
Die afgelope weke het verskeie ekumeniese liggame hulle stem laat hoor oor die groeiende spanning, dreigende geweld en vyandigheid teenoor ongedokumenteerde burgers van ander lande in Suid-Afrika. Kerkleiers het ook op 17 Junie die Presidensie oor die aangeleentheid besoek. Die boodskap in elkeen van die ekumeniese verklarings en die appèl op die regering is min of meer dieselfde, maar wat is die unieke stem van die NG Kerk hierin?"
Lees die NG Kerk se verklaring asook verklarings deur ander kerkorganisasies hier.

Eko-taakspan wil kerk help dink oor plastiek en water
Fay van Eeden skryf in Kerkbode van 22 Junie 2026: "Plastiekbesoedeling is een van die fokuspunte van die ekologietaakspan se werk. En daar is lank nagedink oor hoe die taakspan vir gemeentes kan help in hulle eie kontekste."
Lees die volledige artikel hier.

PredikanteSAAMkoms
Reisreëlings
'n Onlangse boodskap van die Taakspan PredikanteSAAMkoms lees soos volg: "Alle persone wat vlieg het ’n boodskap op die AI Whatsapp Saamkoms Bot ontvang. Reageer asb. deur ’n antwoord te tik en “send” te druk. Jy sal dan ’n formele vraag ontvang waarop jy net ook moet antwoord asb.
Indien jy dink jy vlieg en dit nie ontvang het nie - of enige besonderhede is verkeerd - stuur asseblief dringend ’n epos aan [email protected] met die korrekte info."
Wat word beplan?
Kerkbode vra in 'n artikel van 23 Junie: "Is die beplande PredikanteSAAMkoms (24-28 Augustus 2026) ‘n sinodesitting of nog ’n kerkvergadering? Nee, sê die organiseerders van dié geleentheid wat op Goudini in die Wes-Kaap sal plaasvind. “Geen voorsitters. Geen verslae. Geen besluite. Geen mosies. Geen vername sprekers. Dis ’n ruimte om asem te haal, te bid, te kuier en weer mens te word”.
Lees meer by hierdie skakel: https://ngkerk.org.za/saamkoms/
Taakspanverslae
Tydens die SDR-vergadering van 24 Junie is 'n aantal taakspanverslae met afgevaardiges gedeel. Lesers het hier toegang tot hierdie dokumente.
Taakspan: Ontwerp van 2026-Sinodesitting
Taakspan Vroeë Kinderontwikkeling
Belangrike kennisgewing oor 2027-Jaarboekinligting
Neem kennis dat die proses wat vanjaar gevolg word om die Jaarboekinligting op te dateer, verander het.
Die nuwe proses is hier uiteengesit.
Afsnydatum: 15 Julie 2026
Verskil
Die volgende Verskil sal Vrydag, 24 Julie, versprei word.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot gedurende die periode 27 Junie tot 24 Julie verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
1 Julie Morné Jacobs (Wierdapark)
3 Julie Fanie Fourie (Eldoraigne)
4 Julie Louis Venter (Pretoria-Oos)
9 Julie Bennie Powell (Montana)
11 Julie Bernard van Wyk (Thabazimbi)
14 Julie Pieter Jordaan (Rustenburg-Bergsig)
15 Julie Hein Enslin (Limpopo)
15 Julie Christiaan Ackerman (Eldoraigne)
16 Julie Naude Kritzinger (Wonderboompoort)
19 Julie Tjaart Meyer (Kremetart Gemeenskapskerk)
19 Julie Cobus van Wyngaard (Pretoria)
21 Julie Petro Jonker (Rietfontein-Suid)
22 Julie Pieter Visser (Wierdapark)
22 Julie Rehan Rheeder (Sinodehuis)
Emeriti
26 Junie Eddie de Waal
28 Junie Jannie du Plessis
29 Junie Tienie Bosman
4 Julie Jannie Botha
4 Julie Ewald Bosch
9 Julie Pieter Oosthuizen
9 Julie Kobus Mouton
10 Julie Christo Viljoen
11 Julie Jan Theron
15 Julie Johann Combrinck
23 Julie Jan Bester
24 Julie Danie Ueckermann
Eggenote
30 Junie Lindy Bootha, eggenote van Corné (Magalieskruin-Pretoria)
30 Junie Lourens Grobler, eggenoot van Paullet (Pierneef)
5 Julie Andéne Devenish, eggenote van Pieter (Rooihuiskraal)
20 Julie Magda Benadé, eggenote van Tinus (Thabazimbi)
22 Julie Sannie-Esther van Staden, eggenote van Etienne (Emeritus)

Hartseer
Paul Joubert, kerkorganiseerder in diens van die Bybelgenootskap van SA, is die 19de Junie onverwags oorlede. Hy was onlangs aangestel as kerklike organiseerder in die Noordelike Streek.

Bewegings
Beroep
Nadine Bronkhorst van die Gemeente Rustenburg-Bergsig is as voltydse Leraar na George Moedergemeente beroep.

Surina van den Berg (demissie) is as deeltydse Leraar na die Gemeente Villieria beroep.

Bevestig
Sampie Niemand (emeritus) word op 28 Junie as Brugleraar vir die Gemeente Wesmoot bevestig.

Riekie Wilken word op 5 Julie as Leraar van Rustenburg Moedergemeente bevestig.

Gesondheid
Ná ’n diabetes-diagnose: Hoe nou gemaak?
Salome Delport skryf in die tydskrif Lig: "Dis ’n groot skok as jy met ’n chroniese siekte gediagnoseer word. Wat nou? En wat hou die toekoms in?
Ongeveer vier miljoen mense in ons land ly aan diabetes. Dis ’n ongeneeslike siekte. Daarom moet jy daarmee vrede maak. Jy moet leer hoe om dit te bestuur. En dít is nie so eenvoudig nie."
Lees die volledige artikel hier.

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
27 Junie 1952 Rietfontein-Noord
28 Junie 1952 Waverley
4 Julie 1957 Waterkloof
6 Julie 1980 Pretoria Dowes
18 Julie 1976 Andrew Murray

Projekte
Montana
Die gemeente skryf: "Jeugdag herinner ons aan die waarde van ons jeug en ons verantwoordelikheid om elke jongmens te beskerm, te ondersteun, en te inspireer.
Ná Kinderbeskermingsweek staan ons weer stil by die belangrike rol wat ons almal speel in die vorming van 'n beter toekoms.
Geniet hierdie hoogtepunt-video saam met ons. Mag ons gemeenskap 'n lig vir Suid-Afrika en 'n inspirasie vir die wêreld wees."

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Thabazimbi

Raslouw


Overkruin

Nylstroom-Oos

Vir meer inligting oor die Suikerbessie Fees lees hier.
Kameeldrif

Pretoria-Tuine

Universiteitsoord

Universiteitsoord skryf: "Kaskar 2026 is om die draai. 14 Augustus trek verskillende spanne, jonk en oud, weer weg om te sien wie die meeste en die vinnigste rondom die kerk kan hardloop.
Dit is NG Universiteitsoord se grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar. Die fondse word gebruik om ons gemeente te onderhou, uitreike van studente te ondersteun en ons preekreekse aan die gang te hou!
Ons skop hierdie jaar 'n nuwe projek af "DRIVE TO SURVIVE”.
Vind meer uit oor hoe jy kan deelneem HIER"
Lees hier vir volledige besonderhede.
Rietfontein-Suid

Hartbeespoort

Omgeenuus

Tannie Joey word 101!
Joey van Zyl, 'n inwoner van Brits Rusoord het onlangs haar 101ste verjaardag gevier. Die Rusoord vertel dat sy haarself steeds besig hou met boeke lees, legkaarte bou en inkleur.

Lees meer oor Brits Rusoord hier.
Harmonie Oord - Beskikbare dameskamers
Die tehuis het tans dameskamers beskikbaar. Skakel gerus met Harmonie Oord om meer inligting.

Toerusting

Brugbediening
Malan Nel, afgetrede professor in Praktiese Teologie by UP skryf: "Die weggaan van ‘n predikant in ‘n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van bepaalde onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ‘n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om reeds goed opgeleide predikante verder op te lei vir wat brug of interim bediening genoem word. Dit is doelgerigte en spesialisopleiding om gemeentes tydens hierdie oorgangsperiode, soms deur korporatiewe trauma heen, tot voordeel van die gemeente se nuwe toekoms te begelei en waar nodig te fasiliteer.
Datums
Week 1: 27 - 30 Julie 2026
Week 2: 16 - 19 November 2026
Kursusleier
Prof. Malan Nel
Dosente
Malan Nel, Roelf Opperman, Hannes J van Rensburg, Stephan de Beer en ander.
Kursuskoste
R4 850 (VAT ingesluit). Kontak Irene vir bankbesonderhede.
Plek
NG Kerk Stellastraat, Pretoria
VBO-krediete - 70
Navrae
Irene Thomas - 012 420 4952 / [email protected]

Ander
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Rustenburg-Suid Gemeente
'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.
Sluitingsdatum: 12 Julie 2026
Môregloed Gemeente (Pretoria)
'n Vakature vir 'n vastetermyn Leraar is in die gemeente beskikbaar. Volledige inligting is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 17 Julie 2026
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Wat is kerknuus?
Dié vraag mag eenvoudig klink, maar respondente in ’n onlangse peiling het getoon hoe genuanseerd die antwoord kán wees. Kerkbode het lesers uitgenooi om 'n opname te voltooi oor hoe lesers die betroubaarheid van die media beleef en watter tendense hul in hul eie mediagebruik waarneem.
Lees gerus die vrae en terugvoer hier.

'n Ander siening oor die Kindermoment
Anriëtte de Ridder, predikant in sinodale diens vir Jeug- en Familiebediening in die Wes-Kaapse Sinode, deel haar mening oor die kindermoment as deel van die erediens met Kerkbode in 'n artikel getiteld "Hoekom is die kindermoment mosterd ná die maal?".
Lees die volledige artikel hier.

Kerk Argief: Waar stories wag om weer gebore te word.
Die NG Kerk argief is nie die sterfplek van geskiedenis nie; dit is eerder ’n lewende kraamsaal waar stories wag om opnuut asem te kry en weer gebore te word. Lees die volledige artikel deur DJ Muller van Kaapkerk oor die argief hier.

Boekaanbieding
Berlise Louwrens, Bemarkingbestuurder by die CLF het inligting gedeel oor 'n isiXhosa boekreeks wat deur Dr Danie van Zyl, gratis op CLF se Hulpbronsentrum beskikbaar gestel is en wat afgelaai kan word.
Volledige inligting oor die boekreeks is hier beskikbaar.
Hiermee die skakel waar die reeks afgelaai kan word: https://clf.co.za/equip-communities/equipping-pastors-ukuxhobisa-abefundisi/

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

