Noordelike Sinode

29 Mei 2026

May 29, 20268 min read

verskil

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Varsnuus

varsnuus

31 Mei, Triniteitsondag.

Bybelmedia beskryf die viering van Triniteitsondag volledig op hul webwerf - besoek dit hier. Hul het ook 'n drukstuk voorberei wat hier afgelaai kan word.

Drie

31 Mei tot 22 November, Koninkrykstyd.

Koninkryktyd is die laaste en langste liturgiese tydperk van die kerkjaar en val tussen Pinkster en Advent. In sommige tradisies word dit ook “gewone tyd” (“ordinary time”) of “die tyd van die kerk” genoem, maar binne die Gereformeerde tradisie is dit betekenisvol om dit as “Koninkrykstyd” te verstaan. Dit is ’n tyd waarin die kerk die heerskappy van Christus oor die hele skepping vier en sigbaar uitleef.

Besoek Bybelmedia se webwerf vir meer inligting oor die fokus van Koninkrykstyd, hoe ons dit in ons persoonlike lewe kan toepas en watter liturgiese kleure en simbole toepaslik is in hierdie tyd.

'n Inligtingstuk oor die koninkryktyd is ook hier beskikbaar.

twee

31 Mei, Biddag vir ekologie.

Wanneer jou ma vir jou ’n boodskap stuur.

Fay van Eeden skryf in Kerkbode: "Die Artemis II-sending het my verbeelding aangegryp. Ek vergaap my aan die foto’s wat die ruimtevaarders geneem het. My soekenjin neem my op ’n reis amper so ver soos dié van Artemis II, en voor ek my kan kry, staar ek na die EarthRise-foto wat in 1968 tydens die Apollo 8-sending geneem is. Hierdie ikoniese foto wys die aarde wat van agter die maanoppervlak uitloer. Onder die foto is ’n aanhaling van een van die Apollo 8 ruimtevaarders, Bill Anders: “Here we came all this way to the Moon, and yet the most significant thing we’re seeing is our own home planet, the Earth.”

Eko2

My oog spring weer na die Earthrise-foto. My eerste gedagte – ons huis, ons moeder lyk goed. Saam met die gedagte kom die woorde – dalk die punchline van ’n grappie wat ek iewers gehoor het – “mooi van ver af en ver van mooi af”’. Terwyl ons moeder van ver af gesond lyk kry sy in werklikheid swaar."

Lees die volledige artikel van Fay hier.

5 Junie, Wêreldomgewingsdag.

Wêreldomgewingsdag is 'n jaarlikse herdenking wat op 5 Junie gehou word. Die doel van hierdie dag is om mense bewus te maak van die noodsaaklikheid daarvan dat die omgewing en die natuurlike hulpbronne met sorg hanteer en bewaar word. Die aandag word by herhaling gevestig op onder andere die waarde van natuurlike hulpbronne, die gevare van besoedeling, en die nadele verbonde aan die gebruik van chemiese insek-, plaag- en pesbestrydings-middels.

Omgew


Sinodenuus

sinodenuus

Predikantwegbreek, 9 tot 11 Junie.

Die laaste van die reeks predikantwegbreke met Hermeneutiek as fokus, vind van 9 tot 11 Junie by Tsekama plaas. Die tema is: "Op soek na helderheid".
Daar is vir 15 mense plek en die plekke is besig om baie gou gevul te raak. Die sinode dra al die koste buiten die reiskoste. Elkeen kry 30 VBO-punte. Belangstellendes moet so gou moontlik vir Elmarie Jooste ([email protected] / 0824966317) of vir Paul Grobler ([email protected] / 0826535734) skakel.

Badseloopkamp (Graad 8 tot 10), 29 Junie tot 3 Julie.

Vroeë inskrywings vir die Survivor kamp (inskrywings wat voor 31 Mei ontvang word), betaal 'n laer kampfooi as diegene wat na die 31ste Mei inskryf. Maak gebruik van hierdie spesiale aanbieding en skryf nou in.

Hierdie jaarlikse kamp is gerig op alle jongmense van graad 8 tot 10 en word weer by Badseloopkampterrein gehou gedurende die winter skoolvakansie (29 Junie tot 3 Julie).

Die Ringsjeugkommissie van Pietpotgietersrus rig 'n uitnodiging aan alle gemeentes, lees dit hier.

Stel jy belang om as personeel aan die kamp deel te neem, lees dan hier.

Die inskrywingsvorm vir die kamp is hier beskikbaar.

Gemeentes word versoek om asseblief die verskillende korrespondensie en die vorms met jongmense te deel.

Badse


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

30 Mei Trix Truter (Vorentoe: Brugleraar)

1 Junie EJ Leach (Rustenburg-Proteapark)

1 Junie Wynand Eloff (Warmbad-Wes)

4 Junie Lourens Bosman (Ring van Daspoort: Brugleraar)

5 Junie Peet Venter (Pietpotgietersrust)

Emeriti

30 Mei Johann Joubert

31 Mei Johan Haasbroek

Eggenote

31 Mei Ingrid Esterhuizen, eggenote van Francois (Raslouw)

May

Huwelik

Hartlik geluk aan Drian en Elzanzé Viljoen van Kameeldrif Gemeente, met hul huweliksbevestiging op die 22ste Mei.

Drian

Medelye

Beatrix Behr, eggenote van Nico (Emeritus), is op 23 Mei oorlede. Die begrafnisdiens vind op Dinsdag, 9 Junie om 11:00 by Vorentoe Gemeente plaas.

Beweging

Driaan Britz (Rustenburg-Suid) het die beroep na Pretoria-Tuine aanvaar.

Brits

Gesondheid

Wêreld-gesondheidsmaand vir mans.

Gesondheidsbewusheidsmaand vir mans, wat elke jaar in Junie gevier word, fokus op die bevordering van mans se gesondheid en die bewustheid van gesondheidskwessies wat spesifiek mans raak.

Luister na 'n onderhoud op Die Groot Ontbyt met Dr Chris van Straten oor hierdie onderwerp.

Hoe help ek iemand wat 'n paniekaanval kry?

'n Paniekaanval is 'n skielike vlaag van intense vrees of angs wat fisiese simptome soos 'n jaende hartklop, duiseligheid, bewerasie, benoudheid op die bors, sweet of kortasem kan veroorsaak. Alhoewel dit oorweldigend voel, is paniekaanvalle gewoonlik nie gevaarlik nie en gaan dit dikwels binne 10 tot 20 minute oor.

Dit kan 'n mens laat skrik om iemand 'n paniekaanval te sien kry, en mens is nie altyd seker wat om te doen nie. Om kalm en ondersteunend te bly kan 'n groot verskil maak. Lees 'n artikel deur Suzanne Kotze oor presies wat om te sê of te doen wanneer jy iemand wil help tydens 'n aanval, hier.

paniek


Gemeentenuus

gemeentenuus

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

31 Mei 1941 Northam

Getuienis

Zambië Gemeente

Willem Schoeman skryf: "As leraar van die Dutch Reformed Church of Zambia ontmoet ek interessante mense hier in Zambië. Sommige met uitsonderlike getuienisse wat ek graag met die wêreld wil deel. Getuienisse van God se sorg, sy grootheid en sy hand van beskerming.

Oom Neville Cloete woon op die plaas Eastwood Farm op die dorpie Livingstone aan die voet van die wêreldbekende Victoria-valle. Dit is op die grens tussen Zambië en Zimbabwe. Toe ek oom Neville die eerste keer op sy plaas ontmoet het, vertel hy my dat iemand hom onlangs gevra het: “Neville, glo jy nog?”

Waarop hy toe antwoord: “Ja, ek glo nog. Kom dat ek jou vertel …”

Lees die volledige artikel soos verskyn het in Kerkbode, 15 Mei, hier.

Zam

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Haakdoorn

Haak2

Kameeldrif

KDrif

Montana

Montana

Nylstroom-Oos

Susan

Rietfontein-Suid

RietSuid

Rivieria-Jakaranda

30Mei

Villieria

Vill

Waverley

Wave

Wierdapark

Wierda1Wierda2


Queenswood

Queens

Florauna

Flor

Florandia

6 June

Raslouw

Ras


Omgeenuus

omgeenuus

Een van die bedieningorganisasies in die Noordelike Sinode, wat 'n belangrike diens aan die samelewing lewer, is Stabilis Behandelingsentrum.

'n Kort uiteensetting van hul dienste, programme en ander belangrike besonderhede word in hierdie dokument vervat.

Besoek ook gerus hulle webwerf sou jy volledige inligting verlang.

Stab


Toerusting

toerusting

Opnames van 2025-leergeleenthede

In 2025 het Excelsus ’n volhoubare ritme van leergeleenthede gevestig wat predikante en studente oor die hele land bereik het. Daar is in totaal 31 leergeleenthede aangebied - waarvan 8 vanuit die Fakulteit vir Teologie en Religie en 22 vanuit die Leergemeenskappe wat deur Excelsus en vennote gevorm is. Hierdie kursusse het aanlyn én in-persoon sessies ingesluit en het gewissel van teologiese verdieping tot praktiese toerusting. Die kombinasie van aanlyn en in-persoon aanbiedings het breër toegang moontlik gemaak en predikante uit al die streke van die NG Kerk betrek.

Opnames van hierdie leergeleenthede is teen 'n minimale fooi beskikbaar en persone wat daarna kyk, kan na afloop van die kursus ‘n kort verslag aan Excelsus stuur oor hoe die inhoud hulle bedienings kan help.

Sessies vanuit die Fakulteit wat opgeneem en beskikbaar is, is hier uiteengesit.

Ander sessies wat ook in 2025 opgeneem is, sluit aktuele onderwerpe in soos -

  • Mentorskap in die NG Kerk (verskeie aanbieders)

  • Ontwikkel ‘n Lewensritme (Dr. Tom Smith)

  • Die Liturgiese jaar (Dr. André Bartlett)

  • ChatGPT en die Bediening (Dr. Pieter Visser)

  • Aftrede (Petrus Moolman, Johan Pienaar, Theuns Kriek, Faure Lauw, Henk Gous, Eben Smith & Fanie van Vuuren)

  • Skribas van Ringe toerusting (verskeie aanbieders uit die Hoëveld Sinode)

As jy belangstel om enige van hierdie opnames te bekom, skakel gerus met [email protected].

Leergeleenthede in Junie

11 Junie, Evangelisasie opleiding.

Jun

Bespreek hier.

18 Junie, Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire.

OuT

Bespreek hier: Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor ander toerustingsgeleenthede.

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Soutpansberg Gemeente (Louis Trichardt)

'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.

Sluitingsdatum: 12 Junie om 12:00

Môregloed Gemeente (Pretoria)

'n Vakature vir 'n vastetermyn Leraar is in die gemeente beskikbaar. Volledige inligting is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander nuus

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.


Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Hou mekaar vas

Back to Blog