Klimaatsverandering

June 05, 20261 min read

Ekologie

Sinodenuus

5 Junie Wêreldomgewingsdag

Klimaatsverandering

John West van Kaapkerk skryf: "Die afgelope paar weke het die Wes-Kaap weer eens gewys hoe vinnig die natuur sy krag kan openbaar. Groot dele van die provinsie is deur swaar storms en vloede getref. Paaie is beskadig, huise oorstroom, brûe weggespoel en boere het groot verliese gely. Langs riviere soos die Breërivier is daar weer huise en infrastruktuur onder water, terwyl talle gemeenskappe die impak van uiterste weerstoestande eerstehands ervaar het.

Die debat oor klimaatsverandering is dikwels emosioneel en soms selfs polities belaai. Daar is egter een werklikheid waaroor min mense nog verskil: ons klimaat raak meer onstabiel. Of dit nou langer droogtes, sterker storms, hittegolwe of intense vloede is – die patrone verander, en gemeenskappe moet begin voorberei vir ’n nuwe werklikheid.

Klimaatsaanpassing is nie meer ’n opsie vir later nie, maar ’n noodsaaklikheid vir vandag."

Lees verder vir praktiese insigte hieroor.

Back to Blog