Taakspan Verslag

Taakspan Bedieningsfonds

March 09, 20262 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Taakspan:

Bydraes tot bedieningsfonds uit gemeente-surplusfondse

Agtergrond

’n Vorige samestelling van die Moderatuur van die Noordelike Sinode het in 2022 ’n taakspan onder leiding van James Kirkpatrick in die lewe geroep. Hierdie taakspan moes ondersoek instel na predikante wat nie die volle besoldiging waarop hulle geregtig is, ontvang nie.

Die taakspan het egter tot die insig gekom dat hierdie aanvanklike uitgangspunt nie die beste vertrekpunt is nie. Die vraag behoort eerder te wees: “Is daar voldoende bediening in al die gemeentes?” Die kerkverband se besorgdheid moet gerig wees op die bediening van en deur lidmate in gemeentes. Die Noordelike Sinode kan dit nie bekostig dat bediening in minder vermoënde gemeenskappe afgeskeep word nie. Wanneer bediening ondersteun word, kry die posisie van die leraar en sy/haar vergoeding noodwendig ook aandag.

Om dit moontlik te maak, het die taakspan besluit dat gemeentes aangemoedig moet word om die Bedieningsfonds uit hulle surplusfondse te ondersteun. Op die 2022-sitting is die volgende na aanleiding van hulle verslag besluit:

Voorstel:

In die lig van toenemende bedieningsnood van gemeentes kom ons met mekaar ooreen dat gemeentes wat ‘n surplus het volgens hulle geouditeerde state, tussen drie en ses persent daarvan aan die bedieningsfonds gee.

Amendament:

In die lig van toenemende bedieningsnood van gemeentes kom ons met mekaar ooreen dat gemeentes wat ‘n surplus het volgens hulle geouditeerde state 'n persentasie daarvan aan die bedieningsfonds gee.

GOEDGEKEUR

Die persentasie wat elke gemeente gee word vir verdere besinning na die SDR verwys.

GOEDGEKEUR

Werksaamhede van die taakspan

Hierdie taakspan is onder leiding van Wynand van Niekerk in die lewe geroep om te bepaal wat hierdie persentasie behoort te wees. Die vorige taakspan se riglyn van tussen 3% en 6% is as riglyn gebruik.

Die taakspan het die saak bestudeer en insette van die ringe se verteenwoordigers vir fondse ontvang. Die taakspan het ook vir ’n breër mandaat aansoek gedoen, en die volgende besluit is tydens die SDR-vergadering op 24 Julie 2024 geneem:

  • Die SDR gee opdrag aan taakspan bydraes uit surplus fondse dat daar ‘n duidelik behoeftebepaling met doelwitte vir bedieningsfonds opgestel moet word.

  • Hierdie behoeftebepaling moet die werksaamhede van taakspan toekoms en taakspan bedieningsmodel in ag neem.

  • Op grond van hierdie behoeftebepaling, ‘n begroting of billike totale jaarlikse bedrag vir die bedieningsfonds opgestel word.

  • Taakspan bydraes uit surplusfondse se mandaat word uitgebrei om verskeidenheid modelle te ondersoek waarmee die bedieningsfonds befonds kan word om uitvoering aan die bo genoemde besluit te gee.

Verslag

Lees gerus die volledige verslag hier.

Kommentaar

Leraars, gemeentelede of ander belangstellendes wat vrae of kommentaar het oor die werksaamhede van die Taakgroep: Bydraes tot die bedieningsfonds uit gemeente-surplusfondse, is welkom om hul navrae aan [email protected] te deel. Ten einde die kommunikasieproses te vergemaklik, maar asseblief seker dat u die volgende inligting in u epos insluit.

Naam en Van

Gemeente

Rol

Eposadres

Telefoonnommer

Kommentaar of vraag

SINODESITTING 2026

Back to Blog