
Droomdraerdagboek
In die nuus ...
Maandag, 19 Oktober
Noordelike Sinode ‘wil ou verbintenisse hernu en nuwes smee’
Deur Nioma Venter / 19 Oktober 2026 / @sinode, Nuus / Gesels saam / Kerkbode

“Dit is nie vanselfsprekend dat mense vyf dae van hulle tyd gee om so saam te wees nie,” het ds Lizl-Louise Schoeman op die eerste dag van dié sinodale streek se vergadering gesê. “Ons is hier om ou verbintenisse te hernu en nuwes te smee,” het Schoeman verduidelik. Nioma Venter vertel meer uit Modimolle.

Lees die volledige artikel en kyk na die mooi foto's hier.
n Seisoen van sinodes
Deur Johan Van der Merwe / 19 Oktober 2026 / @sinode, Dinkstof / Kerkbode
Oktobermaand is in 2026 nie net Jakarandatyd in die noorde van die land nie. Dit is ook tyd vir die vergaderings van die streeksinodes. Binne enkele dae het Oostelike Sinode, Noordelike Sinode en Hoëveld Sinode vergader terwyl Noord-Kaapland se vergadering ook pas verby is. Hierdie vergaderings plaas ’n belangrike vraag op die tafel: “Wat maak dit, en natuurlik ook die vergaderings van ander streeksinodes belangrik?”

Die tema van die sitting van die Noordelike Sinode verwoord dit gepas: Droomdraers: onthou, verbeel en leef! So verstaan is sinodes nie maar net vergaderings wat moet plaasvind nie, maar die breëre kerk in ’n bepaalde streek van Suid-Afrika in aksie tot eer van die Koning van die kerk.

