Sinodenuus - Geslagsgebaseerde geweld

SINODENUUS
Veldtog teen geslagsgebaseerde geweld
Die volgende artikel het in Grenspos, die nuusbrief van die Sinode Oos-Kaapland, verskyn op 28 November 2025.
Kerke vra morele ontwaking oor geslagsgebaseerde geweld
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) sê die land beleef ’n morele krisis oor geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord, en verwelkom die president se verklaring van GBVF as ’n nasionale ramp. Volgens die SARK is geweld teen vroue, kinders en LGBTQI-mense ’n ernstige skending van menswaardigheid en in direkte botsing met Christelike waardes.
Die NG Kerk is 'n lid van SARK.
Die verklaring prys die landwye stilprotes van vroue op 21 November, waar duisende vir 15 minute plat op die grond gelê het om die 15 vroue te herdenk wat elke dag in Suid-Afrika vermoor word. Die SARK vergelyk die oomblik met die historiese vrouebetoging van 1956 en sê dit dui duidelik: dinge kan nie aangaan soos voorheen nie.
Met die aanvang van die 16 Dae van Aktivisme roep die Raad kerke op tot selfondersoek oor hul eie soms skadelike kultuur, en tot sigbare optrede in solidariteit met slagoffers. Kerke moet ook regering en regstelsels aanspreeklik hou om vroue en kinders beter te beskerm.
Kliek hier om SARK se volledige media-verklaring te lees.
