verskil

15 Mei 2026

May 13, 20269 min read
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

Ondersteuning aan rampgebiede.

Die streeksinodes in die Oos-, Wes- en Noord-Kaapland vra dat mense hulle rampfondse ondersteun na die erge storms groot skade in baie gemeenskappe aangerig het.

Lees die volledige artikel deur Helene Meissenheimer van Kerkbode oor die rampgebiede en omvang van die stormskade, hier.

Ramp

Foto: Kerkbode

Kerkleier pleit vir kalmte

Helene Meissenheimer van Kerkbode skryf: "Eerw Mzandile Molo, algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het sy kommer gedeel oor die heropbou van spanning oor onwettige immigrante.

Die gesprek het gevolg kort na die regering se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO) se onlangse pleidooi dat Suid-Afrikaners met wetstoepassers saamwerk en nie die wet in eie hande neem teenoor onwettige immigrante nie, luidens 'n SABC-berig."

Kyk na die SABC opname hier.

Lees die volledige artikel van Kerkbode hier.

SARK

Foto: Kerkbode


Sinodenuus

sinodenuus

Ons koester gister, met die oog op môre.

Ons voorgangers in die Noordelike Sinode het diep spore getrap. Hulle het met die lig tot hulle beskikking gehandel om hulle konteks te interpreteer en die toekoms tegemoet te gaan.

So het die Sinodes van die destydse Noord- en Oos-Transvaal rondom 1980 ‘n sinodale sentrum in Visagiestraat 228, in die middestad van Pretoria, opgerig. In hierdie gebou was die administrasie van die vier Sinodes van die destydse Transvaal gehuisves. Dit het o.a. ‘n eie mediese fonds sowel as ‘n pensioenfonds ingesluit. Beide hierdie fondse is deur die kerk self geadministreer.

Die sentrum het ook oor ‘n moderne, goed toegeruste en doelmatige vergaderlokaal beskik waar sinodesittings gehou is. Verder was die administrasie van die Algemene Sinode ook hier gesetel. Die vergaderlokaal is ook deur ander instansies gebruik en ‘n groot deel van die gebou is as kantoorruimte aan ‘n staatsdepartement verhuur.

bord2

Met die draai van die eeu het ons voorgangers, met die lig van 1994 tot hulle beskikking, besluit om die gebou te verkoop. Dit het o.a. beteken dat daar eers ‘n rasionaliseringsproses was en daarna ‘n desentraliseringproses. Dit het tot gevolg gehad dat die Noordelike Sinode sedert 2004 ’n tuiste gevind het in een van die pastorieë van die Gemeente Harmonie in Sunnyside. Die administrasie en bestuur van die Sinode was tot en met Augustus 2025 daar gesetel. Die hele Harmoniekampus is toe verkoop, waarna die Sinode se administrasie tydelik na een van die Sinode se tuistes vir bejaardes, Huis Piek, geskuif het.

Op 1 April 2026 het die Sinodehuis na Alpineweg 330 in Lynnwood verhuis. Verskeie faktore het ‘n rol gespeel in hierdie skuif, waarvan die toeganklikheid vanaf die N1-snelweg een van die belangerikstes was. Die Sinode huur die huis vir ‘n tydperk van tien jaar by die Gemeente Lynnwood. Die hoof van die CMR, Ronél Aylward, sowel as die hoof van die SKDB-Maatskappy, Wynand van Niekerk en sy twee personeellede se kantore sal van Julie af ook in die Sinodehuis gehuisves wees.

Die Noordelike Sinode is dankbaar dat die hoeksteen van die gebou in Visagiestraat behoue gebly het en vir die volgende tien jaar ‘n staanplek by die nuwe Sinodehuis in Alpineweg 330 sal hê.

Bord1

Op soek na helderheid.

Die laaste van die reeks predikantwegbreke met Hermeneutiek as fokus, vind van 9 tot 11 Junie plaas. Die tema is: "Op soek na helderheid".

Daar is vir 15 mense plek. Die sinode dra al die koste buiten die reiskoste. Elkeen kry 30 VBO-punte.

Belangstellendes moet so gou moontlik vir Elmarie Jooste ([email protected] / 0824966317) of vir Paul Grobler ([email protected] / 0826535734) skakel.

web

PredikanteSAAMkoms 2026

Leraars wat die byeenkoms in Augustus gaan bywoon kan dié skakel gebruik -SaamKoms – NG Kerk om op hoogte te bly oor verwikkelinge of reëlings oor die geleentheid.

Saamkoms


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

16 Mei Anuschka du Plessis (Universiteitsoord)

16 Mei Mattie Beukes (Chipinge/ Mutare)

17 Mei Danie Janse van Rensburg (Jan Niemandpark)

18 Mei Sebastiaan van Dyk (SA Gemeente)

20 Mei Goosen Thompson (Brits)

21 Mei Izak du Toit (Naboomspruit)

Emeriti

20 Mei Fanie Senekal

22 Mei Schalk Naudé

Eggenote

18 Mei Ansa Ungerer, eggenote van Dewyk (Gekoppel aan Kerk-in-Suid)

18 Mei Renate Nel, eggenote van Attie (Emeritus)

19 Mei Rita Albrecht, eggenote van Karel (Queenswood)

Huwelike

Hartlik geluk aan Anuschka Smit (Universiteitsoord) en Mias du Plessis met hul huweliksbevestiging op 15 April.

Anush

Hospitaal

Lisa Holtzhausen, proponent werksaam by Ellisras-Wes Gemeente en Goosen Thompson van Brits Gemeente, was onlangs in die hospitaal.

Bewegings

Beroep

Driaan Britz (Rustenburg-Suid) is na Pretoria-Tuine beroep.

Driaan

Gesondheid

17 Mei, Internasionale Hipertensiebewustheidsdag

Wêreldhipertensiedag is 'n dag wat gewy word aan die verspreiding van inligting om die samelewing meer bewus te maak van die lewensbedreigende siektetoestand, hipertensie of soos almal dit ken, hoë bloeddruk. 'n Persoon met 'n bloeddruklesing van hoër as 140 oor 90 mmHg word algemeen beskou as iemand wat aan hipertensie ly.

Besoek hierdie webwerwe vir inligting oor hipertensie:

Oorsake, simptome en behandeling van hipertensie.

Voorkoming van hipertensie.

Befondsing van toets vir hipertensie deur Bestmed Mediese Skema.

Hiper

Gemeentenuus

Gemeentenuus


Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

15 Mei 1943 Kadoma

18 Mei 1983 Monumentpark-Wes

Projekte

Universiteitsoord

Die gemeente doen 'n beroep op lesers om hul te ondersteun in die Winterprojek.

Univ

Maryna Enslin, die Bemarkingsbeampte van die gemeente verduidelik die metode soos volg:

" Gebruik ‘n skoon leë koffiebottel (Nescafé werk goed).
Vul die bottel met die volgende bestanddele:

1/2 Koppie rys
1/2 Koppie sopmengsel
1/2 Koppie lensies
1 Blokkie beesvleisaftreksel
1 Pakkie soppoeier

Herhaal tot die bottel vol is.
Lewer gevulde bottels teen 25 Mei by Universiteitsoord af."

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Brits

brits

Haakdoorn

Haak

Kameeldrif

KDrif

Nylstroom-Oos

Susan

Rivieria-Jakaranda

30Mei

Villieria

Vill

Wierdapark

Wierda

Queenswood

Queens

Raslouw

Ras

Omgeenuus

Omgee sonder kremetart

Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise

Vir meer besonderhede oor die Jakaranda- en Louis Botha kinderhuise, lees gerus hier.

jakLouis

Toerusting

Toerusting

Excelsus ontwikkelingsgeleenthede

11 Junie, Evangelisasie opleiding.

Jun

Bespreek hier.

18 Junie, Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire.

OuT

Bespreek hier: Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor ander toerustingsgeleenthede.


Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Stabilis Behandelingsentrum (Pretoria)

'n Vakature vir Algemene Bestuurder is by die sentrum beskikbaar. Volledige besonderhede is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Sluitingsdatum: 22 Mei 2026

Algemene Sinode (Hatfield, Pretoria)

Die Algemene Sinode kantoor het ’n vakature vir 'n Administratiewe Assistent beskikbaar. Besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 29 Mei 2026 om 13:00

Soutpansberg Gemeente (Louis Trichardt)

'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.

Sluitingsdatum: 12 Junie om 12:00

Môregloed Gemeente (Pretoria)

'n Vakature vir 'n vastetermyn Leraar is in die gemeente beskikbaar. Volledige inligting is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures


Ander Nuus

ander

Wenners van die Andrew Murray-Desmond Tutu-pryse

Christelike publikasie in Afrikaans

Tom Smith se boek, Vind God in die gewone (2024, uitgegee deur Lux Verbi), is die wenner van hierdie kategorie in 2026.

Kerkbode skryf: "Beoordelaars waardeer Smith se deurdagte skryfwerk en praktiese insig waarmee hy gelowiges help om Christus te volg. Een beoordelaar getuig dat dit ‘n boek is wat eers geleef, en toe geskryf is. Die beoordelaars prys Smith se werk aan as ‘n ryk en praktiese boek met Bybelse en ander gepaste verwysings na God se teenwoordigheid in die “gewone lewe” – van slaap, wakker word, was en reinig, etes en etenstafels, soektogte, reis, werk, speel en lag, seer en trane, genesing en rus, lewe en sterwe: God is elke dag teenwoordig in die gewone dinge!"

smith

Teologiese werk in 'n amptelike taal anders as Afrikaans

Kerkbode skryf: "Jacques Beukes, Hassan Musa, Fay van Eeden en Mias van Jaarsveld is die redakteurs van die wenboek vir hierdie kategorie in die 2026 Andrew Murray-Desmond Tutu-prys: Care for Africa. Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice (2025, uitgegee deur Christelike Lektuurfonds).

Volgens die beoordelaars plaas hierdie saamgestelde bundel Christelike teologie in gesprek met die ekologiese krisis en vra wat geloofsgetroue sorg vir die aarde en ekologiese geregtigheid binne die Afrika-konteks vereis. Hulle beskou die belangrikste bydrae van dié publikasie om nie die ekologie te hanteer as bloot opsionele aanvulling tot dogmatiek of etiek nie. Die publikasie hanteer eerder die ekologiese verval as teologiese en morele krisis met implikasies vir Bybelinterpretasie, publieke verbeelding en die geloofwaardigheid van die Christelike getuienis op die Afrika-kontinent."

Care

Lees gerus die volledige artikel in Kerkbode oor al die wenners in al die kategorieë.

Spesiale aanbiedinge

CLF Uitgewers bied spesiale aanbiedinge op twee van hul publikasies.

Care for Africa

CLF skryf: "Koop ‘
Care for Africa’ teen slegs R150! Dit is ’n 60% afslag!
(die verkoopprys was R375)
Daar is ’n beperkte aantal kopieë beskikbaar, so bestel nou!
Koop dit aanlyn -
https://shop.clf.co.za/product/care-for-africa/ of stuur ’n epos na [email protected]."

Hierdie publikasie is in elektroniese formaat gratis beskikbaar op CLF se webwerf. Gebruik hierdie skakel om dit af te laai.

CLF

Bakengemeentes

CLF skryf: "Koop ‘
Bakengemeentes’ teen slegs R147.50! Dit is ’n 50% afslag!
(die verkoopprys was R295)
Daar is ’n beperkte aantal kopieë beskikbaar, so bestel nou!
Koop dit aanlyn -
https://shop.clf.co.za/product/bakengemeentes/ of stuur ’n epos na [email protected]."

CLF2


Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Hou mekaar vas
Back to Blog