
1 Mei 2026
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus
Op soek na helderheid
'n Groep predikante het van 21-23 April by Tsekama net buite Modimolle die Noordelike Sinode se Wegbreek bygewoon. Die Sinode het rondom 2010 begin om kleiner groepe predikante vir drie dae uit die gewoel weg te neem vir rus, ontspan, kuier en gestruktureerde gesprekke oor 'n relevante tema.
Hierdie was die tweede laaste van die huidige reeks wegbreke met Hermeneutiek as fokus. Die tema was: "Op soek na helderheid". Die laaste geleentheid vind van 9 tot 11 Junie plaas. Daar is net vir 15 mense plek en daarom sal belangstellendes vinnig moet spring.
Elkeen kry 30 VBO-punte. Die sinode dra al die koste buiten die reiskoste. Kontak vir Elmarie Jooste ([email protected] / 0824966317) of vir Paul Grobler ([email protected] / 0826535734) so gou moontlik.
Tsekama se fasiliteite.
Gesellige kuier- en gesprekgeleentheid.
Sinodenuus

God se skepping.
Prof. Willie van Heerden skryf in Monumentpark Gemeente se nuusbrief oor “Aarde-opkoms” en “Aarde-ondergang” wat ons uitdaag om die aarde nie te ontvlug nie, maar dit as God se skepping te kies en te versorg. Lees die volledige artikel hier.
14 Mei, Hemelvaartdag
Die betekenis en belangrikheid van die Hemelvaart (Ascension in Engels) kan nie vir gelowiges onderskat word nie. Hemelvaartdag verwys na die viering van Jesus se Hemelvaart aan die einde van sy lewe op aarde. Op Hemelvaart is Jesus hemel toe om sy plek aan die regterhand van die Vader in te neem. Hierdie viering is een van die hooffeeste in die Christelike kerkjaar.
PredikanteSAAMkoms 2026
Leraars wat die byeenkoms in Augustus gaan bywoon kan dié skakel gebruik -SaamKoms – NG Kerk om op hoogte te bly oor verwikkelinge of reëlings oor die geleentheid.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die komende twee weke verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
3 Mei Anine Fischer (Queenswood)
7 Mei Arend Hattingh (Demissie)
8 Mei Louis Lemmer (Magalieskruin)
10 Mei Jan Pretorius (Louis Trichardt)
10 Mei Jeannette de Wet (Rustenburg-Proteapark)
11 Mei Rivandu Swanepoel (Pretoria-Oos)
12 Mei Natalie van Blerk (Waverley)
Emeriti
3 Mei Danie Ferreira
6 Mei Willem Nicol
13 Mei Petrus Moolman
Eggenote
4 Mei, Marthenel van den Heever, eggenote van Simon (Rooihuiskraal)
8 Mei, Mari Laas, eggenote van Joekie (Waverley-Oos)
8 Mei, Maryke van Wyngaard, eggenote van Cobus (Pretoria)
9 Mei, Clarissa Fourie, eggenote van Piet (Sanddrift)
11 Mei, Elise Janse van Rensburg, eggenote van Danie (Jan Niemandpark)
12 Mei, Annelize Endres, eggenote van Ernst (Wonderpark)
12 Mei, Stern Smit, eggenoot van Dini (Mootvallei)
14 Mei, Debbie Erasmus, eggenote van Jacques (Hulp en Hoop Gemeenskapskerk)
Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
6 Mei 1930 Vaalwater
Gebeure
Kameeldrif Gemeente
Hulle skryf: "Kameeldrif se 70-jaar viering gedurende die naweek van 17 tot 19 April, was ’n besonderse geleentheid vol vreugde, samesyn en dankbaarheid.
Gemeentelede en vriende het saam gekuier en ’n heerlike ete geniet wat werklik die hart van ons gemeenskap weerspieël.
Ons is oorweldig deur die ondersteuning en samewerking – van skenkings tot hande wat gehelp het om alles moontlik te maak. Dit was nie net ’n fees nie, maar ’n herinnering aan hoe sterk ons saam is.
Die fondse wat ingesamel is, sal aangewend word vir ons 70-jaar feesprojek – die omskepping van ons konsistorie in ’n veeldoelige ruimte wat ons bediening verder sal dien.
Mag ons, soos in die verlede, ook in die jare wat kom, aanhou om ’n lig te wees waar ons geplaas is.
70 jaar – ’n viering van genade. ’n Toekoms vol hoop."
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Pietpotgietersrus
Brits
Haakdoorn
Nylstroom-Oos

Omgeenuus
Deo Gloria
Deo Gloria is 'n nie-winsgewende organisasie in Pretoria wat in 1954 gestig is.
Hul is deel van die sinodale diens van barmhartigheid van die Noordelike Sinode en bied 'n spesiale diens vir bejaardes vanaf 60 jaar oud totdat hulle nie meer selfversorgend kan optree nie.
Deo Gloria bied veilige woonstel-gebaseerde verblyf met goedversorgde wooneenhede en tuine. Inwoners word ondersteun deur 'n toegewyde personeelkorps wat Christelike beginsels handhaaf.
Kontak gerus enige van die volgende persone vir verdere inligting:
Cas Weber by 082 782 3587 of rig 'n epos aan [email protected]
Frik Strydom by 064 664 8302
Frikkie Neethling 084 729 0131
Toerusting
Excelsus ontwikkelingsgeleenthede
14 Mei, Vanuit Nuwe Testament: die Gees en Paulus.

Bespreek hier: Vanuit Nuwe Testament: Die Gees en Paulus
11 Junie, Evangelisasie opleiding.

18 Junie, Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire.

Bespreek hier: Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire
Ander
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor ander toerustingsgeleenthede.
Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Rusoord Centurion
Die tehuis het 'n vakature beskikbaar vir 'n geregistreerde Verpleegkundige. Volledige besonderhede is in Afrikaans en Engels beskikbaar.
Sluitingsdatum: 4 Mei 2026
Noordelike Sinode
'n Vakature vir Uitvoerende Beampte is in die Noordelike Sinode Kantoor beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.
Sluitingsdatum: 8 Mei 2026
Stabilis Behandelingsentrum (Pretoria)
'n Vakature vir Algemene Bestuurder is by die sentrum beskikbaar. Volledige besonderhede is in Afrikaans en Engels beskikbaar.
Sluitingsdatum: 22 Mei 2026
Soutpansberg Gemeente (Louis Trichardt)
'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.
Sluitingsdatum: 12 Junie om 12:00
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures
Ander Nuus

Sinode Nuusbrief, Verskil.
Die volgende Verskil sal Vrydag 15 Mei, versprei word.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
