verskil

24 April 2026

April 23, 20269 min read
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

24 tot 28 Augustus, PredikanteSAAMkoms.

Die PredikanteSAAMkoms se registrasie is verleng tot einde April — en ons is dankbaar om te sien hoe die getal groei. Reeds meer as 600 leiers gaan saam bid, leer, vier en kuier. As jy kwalifiseer op grond van jou ABR-kode, maar nog geen uitnodiging ontvang het nie, kan jy ‘n e-pos stuur na [email protected] met jou ABR-kode en vra vir ‘n skakel na die aanlyn registrasievorm.

saam2


Sinodenuus

sinodenuus

PredikanteSAAMkoms 2026: Versoek aan gemeentelede

Die redaksie van Kerkbode en LiG nooi alle gemeentelede, soos volg uit:

"Augustus vanjaar vind ’n unieke saamtrek van NG dominees op Goudini plaas. Byna 700 word verwag. Kerkbode en LiG wil daar ‘n video-boodskap speel wat uit die harte van gemeentes en lidmate kom.

Maak 'n kort videogreep waarop jy hierdie drie vrae antwoord:

  • Hoekom is geloof vir jou nog belangrik?

  • Wat beteken jou gemeente vir jou?

  • Waarvoor wil jy vir jou dominee dankie sê?

Stuur jou videogreep op WhatsApp na 072 378 2618.

Jy kan ’n boek wen vir jou moeite. Stuur jou naam as jy in aanmerking wil kom vir die trekking."

Sluitingsdatum: 15 Mei 2026

Gebruik hierdie skakel vir meer besonderhede.

https://www.facebook.com/reel/1334505575253106

Saamkoms

Survivor kamp se inskrywingvorms is nou beskikbaar!

Die jaarlikse kamp vir alle jongmense van graad 8 tot 10 word weer by Badseloopkampterrein aangebied gedurende die winter skoolvakansie (29 Junie tot 3 Julie).

Die Ringsjeugkommissie van Pietpotgietersrus rig 'n uitnodiging aan alle gemeentes, lees dit hier.

Stel jy belang om as personeel aan die kamp deel te neem, lees dan hier.

Die inskrywingsvorm vir die kamp is hier beskikbaar.

bad


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

28 April Erick van Breda (Florauna)

Emeriti

25 April Fanie Steyn

27 April Tienie de Bruyn

30 April André Smuts

Eggenote

25 April Nicolene Beukes, eggenote van Mattie (Mutare)

27 April Bia Eloff, eggenote van Wynand (Warmbad-Wes)

30 April Carina Ellis, eggenote van Izanne (Vaalwater/Waterberg)

2445

Beweging

Trix Truter (Emeritus) het die beroep as brugleraar, na Vorentoe Gemeente aanvaar en is op 19 April bevestig.

Truter

Beatrix Wilken (Dealesville Gemeente) is na Rustenburg Moedergemeente beroep en sy het aanvaar.

Wilken

Gesondheid

Wat jy van die griepinspuiting moet weet.

Met die winter wat op pad is, is griep ook om die draai. Loopneuse, seer kele en hoofpyne is ‘n algemene ding die tyd van die jaar. Dit is griepseisoen en volgens dr. Darren Green van MediRite is dit beter om voorkomende stappe te neem voor jy siek word. ‘n Jaarlikse griepinspuiting kan jou kanse om griep te kry drasties verlaag en ook die simptome wanneer jy wel griep kry minder ernstig maak.

Hoe befonds Bestmed Mediese Skema griepinspuitings?

Een griepinspuiting per jaar word vir alle begunstigdes (hooflede en afhanklikes) op alle Bestmed opsies uit skema-voordele befonds. Dit word as voorkomende voordele geag. Skema-voordele beteken dit word nie uit die spaarrekening betaal nie. Alle opsies het hierdie voordeel, ook die hospitaalplan, Beat 1 en Beat 1 Netwerk.

Algemene vrae oor die griepinspuiting:

Wanneer moet ek die inspuiting kry?

Die beste tyd om die inspuiting te kry is tydens herfs (tussen April en Mei), voor die griepseisoen aanbreek. ‘n Griepinspuiting neem gewoonlik tot en met twee weke om effektief te werk.

Hoe effektief is die griepinspuiting?

Geen entstof is 100% effektief nie, maar die griepinspuiting is die beste medisyne om griep te voorkom of te beveg.

Moet ek elke jaar ‘n griepinspuiting kry?

Dit is beter om elke jaar die griepinspuiting te kry aangesien die virusse wat griep veroorsaak heeltyd verander. Elke jaar se inspuiting word gemaak om die virusse wat daardie jaar moontlik griep kan veroorsaak te beveg, en is nie elke jaar dieselfde nie.

Griep


Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

30 April 1852 Pietersburg Moedergemeente

2442

Gebeure

Raslouw

Die feesnaweek van 17 tot 19 April 2026 was ’n besondere hoogtepunt in die gemeente se geskiedenis.

ras

Dit het afgeskop met ’n geslaagde Bybelse ete Vrydagaand waaraan sowat 280 gaste deelgeneem het. Dit is gekenmerk deur goeie samesyn, musiekoptredes en ’n feestelike atmosfeer.

Ras3

Ras2

Ras3

Weens swaar reën is die beplande boeresport op Saterdag gekanselleer, maar die potjiekos is suksesvol na die lapa en saal verskuif. Dit is deur ongeveer 200 gaste bygewoon wat die geleentheid steeds geniet het.

Potjie

Potjie2

Die hoogtepunt van die naweek was die Feesnagmaaldiens Sondagoggend, waartydens die gemeente se 50ste bestaansjaar feestelik gevier is met ’n besondere erediens, musiekbydraes, boomplantseremonie en die bywoning deur oudleraars en gaste.

505

Die vieringe is afgesluit met ’n feestelike saamkuier in die kerksaal met koek, koffie en tee, waardeur die dankbaarheid en vreugde van die gemeente oor hierdie mylpaal treffend tot uiting gekom het.

Koek1

Koek2

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Universiteitsoord

O my volk!

Antoinette van der Merwe kom gesels met die gemeente op Sondag, 26 April, oor hoe om jou roeping hier in Suid-Afrika uit te leef. Die geleentheid begin om 19:00.

volk

Brits

brits

Nylstroom-Oos

Susan

Omgeenuus

Omgee sonder kremetart

Plant met hoop; gee met liefde.

Abraham Kriel kinderhuis in Nylstroom skryf: "Ons groentetuinprojek is 'n bewys van hoe omgee en dankbaarheid hand aan hand gaan. Die projek wat op 2 Desember 2025 begin het, is gebore uit 'n opregte begeerte om iets terug te gee aan die gemeenskap wat soveel liefde en ondersteuning aan die kinderhuis bewys.

Die projek het begin met 'n ruim donasie van groente, insluitend spinasie, beet en kool. Dit sou die grondslag lê vir wat sou ontwikkel in 'n bloeiende tuin van hoop.

begin

Op 9 Januarie 2026 is die eerste oes van spinasie ingebring, en een huis van 12 kinders kon saam die vrugte van hul arbeid geniet. Net ’n paar weke later, op 30 Januarie, is ’n tweede oes van spinasie geoes en weereens met dankbaarheid gedeel binne `n ander huis.

groente1

Die projek het egter verder as net selfversorging gestrek. Op 17 Februarie 2026 is die eerste skenking van groente aan Ons Hoop Ouetehuis oorhandig, waar spinasie en beet met liefde uitgedeel is.

Groente2

Die tuin het intussen gegroei, met die aanplant van 300 spinasieplante, 300 beet, asook uie en pepers. Hierdie uitbreiding getuig van die visie om die projek volhoubaar en impakryk te maak.

Groente3

Op 14 April het die kinderhuis hul tweede skenking aan Ons Hoop Ouetehuis gemaak, hierdie keer met kool en spinasie. Die dag was gevul met lag en lig, toe die kinders saam met die bejaardes lyfie dans gedoen het—’n ware viering van lewe en gemeenskap.

Groente 4

Hierdie groentetuin is meer as net ’n stuk grond—dit is God se tuin. Hier word geplant met hoop, sodat daar met liefde gegee kan word. Die droom is om hierdie tuin te laat groei, so groot soos die Here se genade self. Om dit te bereik, is daar ’n behoefte aan tonnels vir die groente, sowel as ’n groter verskeidenheid van groente.

Groente14


Indien u by enige van ons projekte betrokke wil raak deur ’n donasie te maak, kan u help om ’n blywende verskil in die lewens van ons kinders te maak. Kontak gerus Charnel Oberholzer, [email protected] / 014 717 5264."

Warmbad Rusoord

Geleë in 'n stil plattelandse dorpie, slegs 'n uur noord van Pretoria, bied Warmbad Rusoord die ideale kombinasie van rustigheid en toeganklikheid. Hul het onlangs omvangryke opknappingswerk voltooi om seker te maak dat inwoners die beste moontlike sorg en gerief ontvang.

Lees die inligtingstuk oor die tuiste hier.

Rus

Toerusting

Toerusting

Excelsus ontwikkelingsgeleenthede

14 Mei, Vanuit Nuwe Testament: die Gees en Paulus.

mei

Bespreek hier: Vanuit Nuwe Testament: Die Gees en Paulus

11 Junie, Evangelisasie opleiding.

Jun

Bespreek hier.

18 Junie, Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire.

OuT

Bespreek hier: Vanuit Ou Testament: Die Pentateug in die skadu van Empire

Ander

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor ander toerustingsgeleenthede.

2444


Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Villieria Gemeente

'n Vakature vir 'n deeltyds of voltydse Leraar is beskikbaar by die gemeente. Meer besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 30 April 2026

Algemene Sinode (Hatfield)

'n Vakature vir 'n Administratiewe Assistent by die Algemene Sinode kantoor in Hatfield is beskikbaar. Die posisie is 'n permanente aanstelling. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 30 April 2026

Rusoord Centurion

Die tehuis het 'n vakature beskikbaar vir 'n geregistreerde Verpleegkundige. Volledige besonderhede is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Sluitingsdatum: 4 Mei 2026

Noordelike Sinode

'n Vakature vir Uitvoerende Beampte is in die Noordelike Sinode Kantoor beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.

Sluitingsdatum: 8 Mei 2026

Stabilis Behandelingsentrum (Pretoria)

'n Vakature vir Algemene Bestuurder is by die sentrum beskikbaar. Volledige besonderhede is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Sluitingsdatum: 22 Mei 2026

Soutpansberg Gemeente (Louis Trichardt)

'n Vakature vir voltydse Leraar is in die gemeente beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.

Sluitingsdatum: 12 Junie om 12:00

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

2443


Ander Nuus

ander

Nuwe Bybel-Media publikasies

Ons plaas graag op versoek van Bybel-Media 'n kort beskrywing van een van hul nuwe publikasies.

Beloftes wat nooit vervaag nie

Die wonder van ons lewe op aarde is dat dit by God se ewige plan ingebed is. Die dans van ewigheid sal jou lei om God se ewigheidsbeloftes, wat jou lewe nuut maak, vandag en vir altyd te omarm. Die Bybelse insigte, ware stories en verrassende metafore in dié boek nooi jou om te kies om met jou oë op God se beloftes te leef. Hierdie sekerheid sal jou help om ligter te leef, om vry te word van vrees, om jou hart te laat rus in die wete dat jou toekoms veilig is by Hom. Dit is ’n uitnodiging na dieper vertroue in sy plan en ’n nuwe manier van leef, ’n voorbereiding vir die dans van ewigheid.

SKAKEL: https://www.bybelmedia.org.za/product/die-dans-van-ewigheid/

Media

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Hou mekaar vas
Back to Blog