verskil

17 April 2026

April 16, 20266 min read
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

CMR Noord vier 90 jaar met aand van hoop en inspirasie

CMR Noord het onlangs ’n besondere mylpaal bereik toe die organisasie sy 90ste bestaansjaar met ’n feestelike geleentheid op 14 April by die Atterbury Teater gevier het. Die aand was gevul met inspirasie, musiek en aangrypende verhale wat die hart van CMR Noord se werk weerspieël - om hoop te bring en lewens te verander.

Gaste is hartlik verwelkom voordat die verrigtinge amptelik geopen is met ’n openingsaanbidding van Onse Vader gelei deur Henry van Dyke. Dit is gevolg deur ’n Skriflesing en gebed deur ds Liezl-Louise Schoeman, Moderator van die Noordelike Sinode.

Ds Danie van Rensburg, voorsitter van die CMR Noord beheerraad, het 'n reuse-bydrae gelewer tot die glans en sukses van die funksie. Hy was grootliks verantwoordelik vir die saamstel van die program en het as kontinuïteitaanbieder opgetree.

Plea for Africa, gesing deur Bongi en Papi Musa, het die gehoor meegevoer, terwyl verdere optredes soos die duet You’ll Never Walk Alone en Libiamo bygedra het tot ’n atmosfeer van viering en samehorigheid. Henry van Dyke het opgetree met die lied Vriend.

Een van die mees betekenisvolle dele van die aand was die segment “Stories van Hoop”, waar werklike verhale gedeel is. Onderhoude en getuienisse deur onder andere Gerda van der Merwe, Carina Erlank, en Lucky Makgatho het die impak van CMR Noord se werk sigbaar gemaak. Hierdie stories is aangevul deur ’n aangrypende Baby Ben-video wat die gehoor diep geraak het.

Dr Ronel Aylward, Algemene Bestuurder van CMR Noord, het ook erkenning gegee aan vennote en ondersteuners, terwyl ds Paul Grobler, die Direkteur van die Noordelike Sinode, ’n boodskap van gelukwensing oorgedra het. Die aand is feestelik afgesluit met ’n heildronk en informele samesyn.

CMR Noord speel reeds vir 90 jaar ’n onmisbare rol in gemeenskappe deur kinders te beskerm, gesinne te ondersteun en hoop te bring waar dit die nodigste is.

ontvang

Rooi tapyt ontvangs.

gaste

Gaste in foyer.

Gaste1

Gaste in foyer.

gesprek

CMRN 90ste viering gesprekvoering. Vlnr Gerda van der Merwe; Marion Rose-Banks; Danie van Rensburg; Lucky Makgatho en Carina Erlank.

Uitnodiging:

Sou lesers wou uitreik na CMR Noord, is jul welkom om met Nici Harmse (Skakelbeampte) by [email protected] of met Dr Ronel Ayward (Algemene Bestuurder) by [email protected] te skakel.


Sinodenuus

sinodenuus

Pension

Pensioenfondsomsendskrywe 2 van 2026

Rehan Rheeder sal nie beskikbaar wees om te help met pensioenfondsverwante navrae vir die periode vanaf 17 April tot 18 Mei nie. Gedurende die tyd moet alle navrae aan Ilana de Witt of Jaronet Brooks gerig word. Die volledige omsendskrywes in die verband is hier beskikbaar.

Afrikaans

Engels

454

PredikanteSAAMkoms 2026: Versoek aan gemeentelede

Die redaksie van Kerkbode en LiG nooi alle gemeentelede, soos volg uit:

"Augustus vanjaar vind ’n unieke saamtrek van NG dominees op Goudini plaas. Byna 700 word verwag. Kerkbode en LiG wil daar ‘n video-boodskap speel wat uit die harte van gemeentes en lidmate kom.

Maak 'n kort videogreep waarop jy hierdie drie vrae antwoord:

  • Hoekom is geloof vir jou nog belangrik?

  • Wat beteken jou gemeente vir jou?

  • Waarvoor wil jy vir jou dominee dankie sê?

Stuur jou videogreep op WhatsApp na 072 378 2618.

Jy kan ’n boek wen vir jou moeite. Stuur jou naam as jy in aanmerking wil kom vir die trekking."

Sluitingsdatum: 15 Mei 2026

Gebruik hierdie skakel vir meer besonderhede.

https://www.facebook.com/reel/1334505575253106

survey

Nuwe predikante in die Noordelike Sinode

Persone wat onlangs 'n beroep in die streek van die Noordelike Sinode aanvaar het, moet onthou dat hul registrasie as huweliksbevestiger na die nuwe bedieningstreek oorgeskuif moet word. Die proses word gekoördineer deur die sinode kantoor. Gebruik hierdie skakel om te sien watter inligting ons nodig het, en stuur dit saam met 'n afskrif van jou ID aan [email protected].

Die proses is tydsaam, daarom is dit nodig om so gou moontlik daarmee te begin.

Predikante wat nuut in die amp is, of as jy nog nie as huweliksbevestiger geregistreer is nie, lees hierdie inligtingstuk en begin so gou moontlik met die proses.

wed

Survivor kamp se inskrywingvorms is nou beskikbaar!

Die jaarlikse kamp vir alle jongmense van graad 8 tot 10 word weer by Badseloopkampterrein aangebied gedurende die winter skoolvakansie (29 Junie tot 3 Julie).

Die Ringsjeugkommissie van Pietpotgietersrus rig 'n uitnodiging aan alle gemeentes, lees dit hier.

Stel jy belang om as personeel aan die kamp deel te neem, lees dan hier.

Die inskrywingsvorm vir die kamp is hier beskikbaar.

bad


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

18 April Heinrich Stapelberg (Overkruin)

20 April Gerrie Strydom (Florandia)

20 April Hannes Bezuidenhout (Pietersburg-Noord)

21 April Riaan Odendaal (Warmbad-Wes)

22 April Paulus Burger (Pretoria-Oos)

Emeriti

22 April Johan de Wet

Eggenote

22 April Liezel Hoepfner, eggenote van Hennie (Albertyn)

apple

Welwees

Emosionele fiksheid + geestelike waardes = innerlike krag

In 'n potgooireeks van RSG, genaamd Binne-en-Buite, ondersoek hul hoe emosionele fiksheid en geestelike waardes saamwerk om mense se innerlike krag te bou. Hul gesels met mense wat hierdie druk eerstehands ken. Die dokter by die staatshospitaal, die polisieman wat elke dag die donkerste kant van ons samelewing sien, die onderwyser, die boer, die sportster – almal onder groot druk van die lewe. Die reeks gee luisteraars praktiese insigte én spirituele refleksie. Luister gerus na die opnames hier.

blaar


Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

20 April 1920 Pretoria-Oos

22 April 1944 Magaliesberg Gesinskerk

blaar 2

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Kameeldrif

Kameel

Universiteitsoord

O my volk!

Antoinette van der Merwe kom gesels met die gemeente op Sondag, 26 April, oor hoe om jou roeping hier in Suid-Afrika uit te leef. Die geleentheid begin om 19:00.

volk

Brits

brits

Omgeenuus

Omgee sonder kremetart

Rustenburg Rusoord

Vandag stel ons Rustenburg Rusoord aan Verskillesers bekend.

RTB

Toerusting

Toerusting

Die Kerk en Sending: geroep, gevorm, gestuur.

Jy word uitgenooi na die aanlyn webinaar vanuit Missionale Teologie op 23 April saam met prof. Hannes Knoetze. Kom dink saam oor die roeping, vorming en gestuurdheid van die kerk in ons tyd.

Missio

Vir registrasie, kliek hier.

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir meer besonderhede oor toerustingsgeleenthede.

auig


Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Bybelgenootskap van SA (Belville)

'n Vakature vir Verhoudingsleier: Westelike Streek is in die organisasie beskikbaar. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 24 April 2026

Villieria Gemeente

'n Vakature vir 'n deeltyds of voltydse Leraar is beskikbaar by die gemeente. Meer besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 30 April 2026

Algemene Sinode (Hatfield)

'n Vakature vir 'n Administratiewe Assistent by die Algemene Sinode kantoor in Hatfield is beskikbaar. Die posisie is 'n permanente aanstelling. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 30 April 2026

Noordelike Sinode (Lynnwood)

'n Vakature vir Uitvoerende Beampte is in die Noordelike Sinode Kantoor beskikbaar. Vir meer besonderhede lees hier.

Sluitingsdatum: 8 Mei 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

vaka


Ander Nuus

ander

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Hou mekaar vas
Back to Blog