
10 April 2026
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus
12 April, Biddag vir gesondheidsdienste
Hierdie dag herinner gemeentes om God se sorg en genesende hand te erken en te vra vir krag vir almal wat in die gesondheidsektor werk.

ASM nuusbrief
Lees gerus die Amptelike Nuus uit die Algemene Sinode Moderamen (ASM) vergadering wat 24-26 Februarie 2026 te eMseni plaasgevind het.

Jy het tyd tot 24:00 vanaand (10 April) om vir die SAAMkoms te registreer!
Besoek gerus die SAAMkoms se webwerf vir volledige inligting oor die reisreëlings, verblyfkeuses en program vir die byeenkoms.
Sou finansiële beperkings vir jou of jou gemeente jou weerhou om vir die geleentheid te registreer, skakel asseblief persoonlik met Paul Grobler by die Sinodehuis (082 653 5734).

Vakature in Noordelike Sinode Kantoor
'n Vakature vir Uitvoerende Beampte is in die Noordelike Sinode Kantoor beskikbaar. Vir meer besonderhede, lees hier.
Sluitingsdatum: 8 Mei 2026
Sinodenuus

Van Boomhuis na Droomhuis
Die amptelike opening van die Dreamhouse in Queenswood op 23 Maart was ’n betekenisvolle mylpaal vir die versorging van jongmense in kinderhuise wat na skool 'n onafhanklike lewe begin. Persone in maatskaplike diens het nog altyd 'n behoefte raakgesien vir jongmense wat skool verlaat en wat nie 'n ander heenkome het tot hul, hul voete in die grootmenswêreld gevind het nie.
Drie jaar gelede het ’n weldoener ’n ruim huis beskikbaar gestel aan die bestuur van die Louis Botha- en Jakaranda-kinderhuise om as ’n oorgangswoonplek te dien. Hierdie loodsprojek, bekend as die Treehouse, het aan tot sewe skoolverlaters vir tot drie jaar 'n tuiste gebied terwyl hul of hul studies begin het of tot hul werk gekry het.
Mentorouers het op die perseel gewoon en die inwoners begelei in praktiese lewensvaardighede, finansiële verantwoordelikheid en emosionele veerkragtigheid.
Die sukses van die Treehouse het die groeiende behoefte aan soortgelyke akkommodasie beklemtoon. Met waglyste vir jongmense wat hierdie ondersteuning benodig, is planne in werking gestel om die projek uit te brei.
Dit het gelei tot die opening van Dreamhouse deur die Louis Botha- en Jakaranda-kinderhuise, wat ruimte skep vir nog agt skoolverlaters.
Lees die volledige artikel soos verskyn het in die Citizen, hier.

Danie van Rensburg (Voorsitter van die Bestuursraad van beide kinderhuise), Martie van Rensburg, Natalie Naidu en Suzette Kotze met die amptelike opening van Dreamhouse.
Predikante: Tree jy binne die volgende ses jaar af?
Indien jy binne die volgende ses jaar pensioeneer, word jy hartlik uitgenooi na beplande aftree-sessies wat deur die NG Kerk van Transvaal Predikante en Amptenare Pensioenfonds, aangebied sal word, gedurende 2026.
Volledige besonderhede oor die sessies in hierdie uitnodiging vervat.
Belangrik:
As jy die inligtingsessie by Universiteitsoord op die 15de April om 10:00 tot 12:00 wil bywoon, en jy het nog nie met die Sinode bevestig nie, doen asseblief so deur 'n epos aan Elmarie te stuur by [email protected], of jy kan haar skakel by 0824966317.
Dieselfde proses geld sou jy enige van die ander sessies wil bywoon, naamlik:
16 April, 10:00-12:00 by Hoëveld Sinode se Sinodale Sentrum.
27 Mei, 10:00 – 12:00 by Middelburg-Suid gemeente.
10 Junie, 10:00 – 12:00 by Potchefstroom Grimbeekpark.
Predikantewegbreek
Daar is nog plek vir enkele predikante om die wegbreek by Tsekama, vanaf 21 tot 23 April, by te woon. Die sinode dra die volle koste. Elkeen moet net vir sy eie vervoer sorg. Kontak Paul Grobler by 082 653 of Elmarie Jooste by 082 496 6317 vir navrae en inskrywings.

Sinodehuis
Ons het verhuis en ons permanente adres is nou Alpineweg 330, Lynnwood.
Kontakbesonderhede van die personeel bly onveranderd.
Sandra Grobler, Finansiële Beampte - [email protected] - 079 527 2684
Elmarie Jooste, Kommunikasie Beampte - [email protected] - 082 496 6317
Rehan Rheeder, Saakgelastigde - [email protected] - 083 288 7756
Paul Grobler, Direkteur - [email protected] - 082 653 5734
Die sinode kantoorure is as volg:
Maandae tot Donderdae, 08:00 tot 16:30
Vrydae, 08:00 tot 14:00
Kolleganuus

Voorbidding
Adriana Myburgh, eggenote van Jacques (Gemeente Noordoos-Pretoria), wat onlangs 'n breinoperasie gehad het, het verlede week 'n tweede operasie gehad. Sy is steeds in die hospitaal en herstel mooi.
Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die afgelope week verjaar het of die komende week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
8 April Meri Schoeman (Andrew Murray)
10 April Karla Grahan (Montana)
10 April Izanne Ellis (Vaalwater)
15 April Willie Korb (Messina)
15 April Fanie Cronje (Lynnwood)
17 April Joleen Marx (Pietersburg-Noord)
Eggenote
5 April Petro van Beek, eggenote van Wynand (Pietersburg)
8 April Ronelle Bosman, eggenote van Lourens (Brugleraar, Ring van Daspoort)
9 April Annalie Prinsloo, eggenote van Hardus (Daspoort)
9 April Adriana Myburgh, eggenote van Jacques (Noordoos-Pretoria)
16 April Marius Ferreira, eggenoot van Bettie (Waverley)
Beweging
Vorentoe Gemeente het vir Trix Truter (Emeritus) beroep as brugleraar.
Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
1 April 1976 Wierdapark
7 April 1935 Messina
13 April 1956 Kameeldrif
14 April 1917 Pietpotgietersrus
17 April 1947 Queenswood
17 April 1967 Pietersburg-Oos (sedert samesmelting met Bendorpark Gemeente op 6 April 2023 bekend as Kremetart Gemeente)
Gebeure
Universiteitsoord
Lydensmusiekaand
Maryna Enslin, Skakel- en Kommunikasiebeampte by die gemeente, skryf: "Die gemeente het Lydenstyd op 25 Maart gevier met ’n musiekaand waar ons na Matteus se weergawe van die laaste dae voor Jesus se kruisiging, geluister het.
Die verhaal was verweef met liturgiese handelinge, Skriflesing en musiek. Komposisies van onder andere Bach, Handel, Kreisler en Marcello het saam met melodieë die lydenstyd uitgebeeld. Tjello, hobo en ’n tenoor het saam met die orrel in gesprek getree en studente uit die gemeente het gehelp om die verhaal sigbaar en hoorbaar te maak, sodat ons nie net kon luister nie, maar sáám dit beleef."

Tjello: Mietze Dill, Hobo: Johan Ferreira, Tenoor: Pierre van der Merwe, Orrel: Dr Isabelle van Rensburg.

Terugvoer: Sokkie vir Lente
Maryna skryf verder: "Ons fondsinsameling vir klein Lente het baie goed gegaan! Ons het net oor die R10 000 ingesamel deur die ingangsfooie van ons studentesokkie en snoepie, en daar was ook baie mense wat ekstra donasies gemaak het. Ons hoop dat dit kan help om haar ouers te ondersteun in die herstelproses van hulle klein dogtertjie."

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Florauna Gemeente
Kameeldrif Gemeente
Universiteitsoord
O my volk!
Antoinette van der Merwe kom gesels met die gemeente op Sondag, 26 April, oor hoe om jou roeping hier in Suid-Afrika uit te leef. Die geleentheid begin om 19:00.

Omgeenuus
Harmonie Oord
Vandag stel ons Harmonie Oord in Pretoria, aan Verskillesers bekend.
Marie Pienaar, bestuurder van die tuiste skryf: "Ons verskaf verblyf aan 181 selfversorgende ouer persone waarvan die meeste net ‘n SASSA-pensioen of soortgelyke inkomste ontvang.
Die Oord bestaan sedert 2006 en het die einde van Augustus 2025 van Sunnyside geskuif na 'n nuwe kompleks in Queenswood. Hierdie nuwe tuiste is geleë in 'n veilige en rustige omgewing.
Die fasiliteite maak voorsiening vir enkelkamers en woonstelle vir egpare."

Toerusting
Die kerk en sending: geroep, gevorm, gestuur.
Jy word uitgenooi na die aanlyn webinaar vanuit Missionale Teologie op 23 April saam met prof. Hannes Knoetze. Kom dink saam oor die roeping, vorming en gestuurdheid van die kerk in ons tyd.

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Overkruin Gemeente
Die gemeente het 'n Kosterpos beskikbaar. Lees die volledige besonderhede hier.
Sluitingsdatum: 17 April 2026
Villieria Gemeente
'n Vakature vir 'n deeltyds of voltydse Leraar is beskikbaar by die gemeente. Meer besonderhede is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 30 April 2026
Algemene Sinode (Hatfield)
'n Vakature vir 'n Administratiewe Assistent by die Algemene Sinode kantoor in Hatfield is beskikbaar. Die posisie is 'n permanente aanstelling. Volledige besonderhede is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 30 April 2026
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor ander vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures
Ander Nuus

Gebruik jy al KI-hulpmiddels in jou bediening?
Helene Meissenheimer het in 'n artikel van Kerkbode (11 Februarie 2026) geskryf: "Kollegas, al ooit gewonder watter KI-hulpmiddels gebruik dominees die meeste en hoe dink hulle oor die gebruik daarvan in die bediening? Ek het twee gemeenteleraars en 'n prof in teologie 'n paar vrae daaroor gevra en interessante terugvoer gekry." Lees die volledige artikel hier.

Louis Nel (KwaZulu Natal Sinode) het 'n voorlegging voorberei met ChatGPT oor die gebruik van ChatGPT as KI-hulpmiddel in die bediening. Lees gerus die dokument hier.
Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
