verskil

27 Maart 2026

March 26, 202610 min read
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

Predikante: Tree jy binne die volgende ses jaar af?

Indien jy binne die volgende ses jaar pensioeneer, word jy hartlik uitgenooi na beplande aftree-sessies wat deur die NG Kerk van Transvaal Predikante en Amptenare Pensioenfonds, aangebied sal word, gedurende 2026.

Volledige besonderhede oor die sessies en hoe jy daarvoor moet registreer, is in hierdie uitnodiging vervat.

Pensioen

28 Maart om 20:30 tot 21:30, Aarde-uur

’n Uur wat die wêreld laat praat en die kerk laat luister

Johan West skryf in 'n artikel gepubliseer in Kaapkerk se nuusbrief, Vrydagnuus, soos volg: "Miljoene mense regoor die wêreld neem op 28 Maart deel aan Aarde-uur deur hul ligte af te skakel. Maar hierdie uur gaan oor meer as elektrisiteit… "

Lees gerus die artikel waarin Johan gelowiges nooi om tydens hierdie uur weer te luister: na die aarde, na die werklikhede van ons tyd en na God wat ons roep om rentmeesters te wees. Dit vra eerlike vrae en wys hoe klein aksies deel kan word van ’n groter, geloofsgebaseerde leefwyse.

Aard

29 Maart, Palmsondag

Palmsondag is 'n Christelike fees wat op die Sondag voor Paasfees gehou word. Dit is die sesde en laaste Sondag van die vastyd en lui die Heilige Week net vóór Paasfees in. In Evangelies-Lutherse Kerke word dié week ook Stille Week genoem. Die Groot of Heilige Week van die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse tradisies sluit ook Paasfees self in. Die Palmsondag se datum hou verband met dié van Paasfees.

Palm

PredikanteSAAMkoms

Daar het reeds 419 predikante geregistreer vir die byeenkoms vanaf 24 tot 28 Augustus. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Predikante en diensleraars wat kwalifiseer vir die byeenkoms, het reeds uitnodigings ontvang. Indien jy nog nie daarna gekyk het nie, hier is ’n brief met die nodige inligting.

Besoek gerus die SAAMkoms se webwerf vir volledige inligting oor die reisreëlings, verblyfkeuses en program vir die byeenkoms.

Sou finansiële beperkings vir jou of jou gemeente jou weerhou om vir die geleentheid te registreer, skakel asseblief persoonlik met Paul Grobler by die Sinodehuis (082 653 5734).

Saamkoms2026


Sinodenuus

sinodenuus

Hulp uit die Bedieningsfonds

Indien ‘n gemeente finansieël swaar trek, dan kan die gemeente hulp vra uit die Noordelike Sinode se Bedieningsfonds.

Dit beteken dat die gemeente ‘n skrywe moet rig aan die ring waarbinne hulle resorteer. Hulle moet ook die volgende dokumente daarmee saam stuur:

  • Motivering waarom die gemeente die Bedieningsfonds sou wou nader vir hulp;

  • Geouditeerde state vir die pas afgelope finansiële jaar;

  • Jaar tot datum kontantvloeistaat.

Die ring neem dan die versoek ter tafel om die meriete van die versoek te beoordeel. Indien die ring oordeel dat die versoek wel meriete dra, dan bepaal die ring in watter mate die gemeente uit ringfondse ondersteun kan word. Indien die ring net gedeeltelike ondersteuning of geen ondersteuning kan bied nie, dan word die versoek, sowel as die betrokke bylaes, na die Taakspan Bedieningsondersteuning gestuur vir verdere hantering.

Vir die besinning oor die versoek belê die taakspan ‘n vergadering. Tydens hierdie vergadering sit verteenwoordigers van die gemeente, die ring en die sinode dan saam om die tafel, om te bepaal hoe die gemeente op die effektiefste manier ondersteun kan word.

Navrae oor die Bedieningsfonds kan gerig word aan die Noordelike Sinode se direkteur, Paul Grobler, by 082 653 5734 / [email protected].

Palm0

Hulp in tye van rampe

Die Noordelike Sinode is deel van ‘n landswye ekumeniese inisiatief, RESPOND, wat ten tye van rampe graag aktief hulp wil verleen. Die Taakspan Rampe stel die ideaal om in elke ring ‘n verteenwoordiger te hê. Hulle soek daarom dringend na mense wat bereid sou wees om hand op te steek vir hierdie belangrike taak. Persone wat in tye van rampe soos vloede, geboue wat ineenstort, brande en so meer, bereid is om ‘n koördineringsrol te speel, kan die taakspanleier, Jack Radford, kontak by 083 441 0288.

Ramp

Predikantewegbreek

Vanaf 21 tot 23 April vind 'n Predikantewegbreek by Tsekama, plaas. Die sinode dra die volle koste. Elkeen moet net vir sy eie vervoer sorg. Daar is net vir 15 persone plek. Kontak Paul Grobler by 082 653 of Elmarie Jooste by 082 496 6317 vir navrae en inskrywings.

Wegbreek

Sinodehuis skuif

Ons verhuis eerskomende Woensdag, 1 April, na ons nuwe adres, Alpineweg 330 in Lynnwood. Personeel sal nie beskikbaar wees op die dag nie, maar sal weer beskikbaar te wees vanaf Dinsdag, 2 April.

Palm12


Kolleganuus

kolleganuus

Voorbidding

Adriana Myburgh, eggenote van Jacques (Gemeente Noordoos-Pretoria), wat onlangs 'n breinoperasie gehad het, het 'n terugslag gehad. Hul vra spesiaal voorbidding.

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

29 Maart Willem Pelser (Koedoeskop)

30 Maart Jaco Strydom (Villieria)

Emeriti

2 April Hendrik Lambrechts

Eggenote

28 Maart Sané Leach, eggenote van EJ (Rustenburg - Proteapark)

31 Maart Peet van Eeden, eggenoot van Fay (Stellastraat)

31 Maart Danél Liebenberg, eggenote van Anru (Villieria)

Palm11


Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

31 Maart 1976 Raslouw Gemeente

Palm10

Gebeure

Wierdapark Gemeente

Tussen die Geraas is 'n potgooi reeks waarin die gemeente met verskillende vroue in die bediening onderhoude voer.

Pieter Visser skryf: "In Tussen die Geraas (Deel 2) gesels ek met Ziandri Jacobs, ’n predikant by Kerk-in-Suid, oor roeping, nederigheid, en ’n geloof wat prakties help wanneer mense oorval voel deur kerklike debat en sosiale-media geraas. Ziandri vertel hoe die Bybelse beeld van El-Roï, die God wat sien, vir haar ’n anker geword het, en hoe Hagar se verhaal taal gee vir onsekerheid, buitestanderskap en nuwe begin.

Hierdie episode bring gereformeerde Bybellees en egte stories bymekaar, met ’n fokus op menswaardigheid, hoop en bruikbare geloof vir gewone dae. As jy vrae het oor vroue in die bediening, roeping, of hoe om jou pad te vind midde-in die geraas, is hierdie gesprek vir jou."

Luister na die gesprek hier.

WierdaP

Wpark

Raslouw Gemeente

Die gemeente vier op 31 Maart vanjaar hul 50ste bestaansjaar. Gegewe die belangrikheid van die betrokke mylpaal, het die gemeente besluit om die feesvieringe te skeduleer vir die naweek van 17 tot 19 April, sodat soveel as moontlik gaste en gemeentelede dit kan bywoon. Vieringe sluit 'n wye verskeidenheid van geleenthede in soos 'n Bybelse ete wat op die Vrydagaand aangebied word, boeresport- en potjiekos aktiwiteite op die Saterdag en hul sluit dan die naweek se bedrywighede af met 'n spesiale nagmaaldiens op die Sondag.

Raslouw

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Haakdoorn Gemeente

Susan

Florauna Gemeente

Die gemeente nooi Verskillesers uit na hul jaarlikse Oorwinningsfees Kruisstasies.

Vir meer besonderhede lees gerus hier.

Palm6


Omgeenuus

Omgee sonder kremetart

Huis Vergenoeg

Vergenoeg is een van die mees gesogte aftree-oorde in Pretoria wat eersteklas akkommodasie bied in meenthuise, woonstelle en kamers. Hul het ook 'n volledige versorgings- en demensie-afdeling in ’n rustige en veilige omgewing.

Hul fokus op die welstand van elke inwoner met toepaslike sorg en ondersteuning.

Vergenoeg bied dienste wat, onder andere, insluit:

  • Professionele sorg

  • Aktiewe en betrokke leefstyl

  • Gemeenskapsgevoel

  • Voedsame maaltye

  • Volversorgingseenhede

  • Demensie-sorg

Lesers kan hul skakel by 012-332 1763 of besoek gerus hul webwerf by https://huisvergenoeg.co.za.

Vergenoeg


Toerusting

Toerusting

Mentorskapkursus (aanlyn)

Hierdie mentorskap fokus nie net op tegniese vaardighede nie. Dit bring kop, hart en hande saam. Dit help predikante om nie net te oorleef nie, maar te floreer. Mentorskap is een van die beste beleggings wat ’n leraar in hulself kan maak – en een van die grootste gawes wat die kerk aan haar leiers kan gee.

Mentor

Vir meer inligting en registrasie, kliek hier.

Die kerk en sending: geroep, gevorm, gestuur.

Jy word uitgenooit na die aanlyn webinar vanuit Missionale Teologie op 23 April saam met prof. Hannes Knoetze. Kom dink saam oor die roeping, vorming en gestuurdheid van die kerk in ons tyd.

Missio

Vir registrasie, kliek hier.

Palm7


Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Algemene Sinode Kantoor (Hatfield)

'n Tydelike pos vir 'n Administratiewe Assistent en Ontvangs, is by die Algemene Sinode kantoor beskikbaar. Die periode vir die posisie is twee maande. Lees hier vir meer besonderhede.

Sluitingsdatum: 27 Maart om 13:00

Pretoria-Tuine Gemeente

'n Voltydse onbepaalde Leraarspos is beskikbaar by die gemeente. Lees die volledige besonderhede hier.

Sluitingsdatum: 3 April 2026

Overkruin Gemeente

Die gemeente het 'n Kosterpos beskikbaar. Lees die volledige besonderhede hier.

Sluitingsdatum: 17 April 2026

Villieria Gemeente

'n Vakature vir 'n deeltyds of voltydse Leraar is beskikbaar by die gemeente. Meer besonderhede is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 30 April 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Palm8


Ander Nuus

ander

Waar hoop hande kry.

Francois Schoombee (Kerk-Sonder-Mure) skryf in die Oostelike Sinode se publikasie, Yskasstories, op 24 Maart: "Toe verwoestende vloede aan die begin van 2026 dele van ons sinodale streek, onder andere die Kruger Wildtuinomgewing, Tzaneen en Phalaborwa, swaar getref het, is ’n dringende oproep om hulp gemaak. Wat daarna gevolg het, was ’n kragtige getuienis van wat moontlik is wanneer die kerk, ’n NPO en die gemeenskap saamstaan: waar rolspelers hande vat, word hoop sigbaar en word daar inderdaad wonderwerke verrig."

RampRamp2

Bybelmedia

Nuwe publikasies wat aan Verskillesers bekend gestel word, is soos volg:

BM

Ontmoet God in die chaos van ma-wees

God wag nie dat die huis heeltemal skoon en gereed is vir gaste voor Hy in ons lewe opdaag nie. Daar kan kinderspeelgoed in elke vertrek rondlê, jou huis kan vol krummels wees en jou kop vol kommernisse, maar Hy is reeds teenwoordig. Dáár, te midde die warboel. Net so hoef nie jy jouself as die “perfekte ma” te bewys voordat jy Sy seën ervaar nie. Jy het dit reeds ... Jy IS ’n ma duisend. In 31 eerlike en bemoedigende essays deel Francine Prins en Maryke Hansen stories uit hulle eie lewe as ma. Stap hierdie wonderlike, uitdagende, vervullende pad saam met God.

https://www.bybelmedia.org.za/product/jy-is-n-ma-duisend

Ma

Ontdek die heilige in die gewone

Die Gebedsboek vir tye wat tel maak jou opnuut bewus van hoe kragtig daaglikse gebed is. Vind jou ritme in pas met Jesus se ritme, en bou jou vertroue in Hom. Benader gebed meer bewustelik en besef dat Jesus altyd daar sal wees vir jou, veral in tye wat tel. Hierdie 365 gebede sal jou inspireer sodat jou geloofslewe ’n getuienis word van Jesus se geloof, hoop, liefde en genade.

https://www.bybelmedia.org.za/product/gebedsboek-vir-tye-wat-tel/

Ontdek

Woordwenk: Watter is mees gepas - bydra of bydrae?

Al ooit gewonder of jy die regte spelling van 'n woord in geskrewe kommunikasie gebruik? Wel, een van die woorde wat dieselfde klink, maar wat verskillende betekenisse het, is die woorde bydra of bydrae. Lees hier of jy die regte bydra of bydrae gebruik.

Bydra

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Volgende uitgawe

Daar sal geen Verskil op Vrydag 3 April versprei word nie. Jy sal die volgende Verskil op Vrydag, 10 April ontvang.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Hou mekaar vas
Back to Blog