
20 Maart 2026
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus
Menseregtedag, 21 Maart
Johan van der Merwe, professor in Kerkgeskiedenis by UP, skryf in die Kerkbode: "Op 21 Maart vier ons Menseregtedag. Tereg het die dag vir verskillende mense verskillende betekenisse. Hoe ’n mens ook al daaroor oordeel, kan die feitelikheid van die verskriklike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpeville plaasgevind het, nie ontken word nie.
Dit is die dag waarop 69 betogers volgens oorlewering deur die polisie doodgeskiet is en 180 gewond is. Die NG Kerk se betrokkenheid by hierdie gebeure sou later daardie jaar meer konkreet word tydens die Cottesloe-kerkeberaad wat van 7-14 Desember 1960 in Johannesburg plaasgevind het. Tydens die beraad, onder leiding van die Wêreldraad van Kerke, het die teologiese ondersteuning van apartheid en samelewingspraktyke soos trekarbeid, grondbesit, die verbod op gemengde huwelike en stemreg vir alle inwoners van die land onder die vergrootglas gekom."
Lees die volledige artikel hier.

PredikanteSAAMkoms
Kyk gerus na hierdie bemarkingsvideo oor die predikanteSAAMkoms wat jou verseker sal motiveer om jou inskryfvorm te voltooi en jou betaling te maak voor 10 April 2026.
Sou finansiële beperkings vir jou of jou gemeente jou weerhou om vir die geleentheid te registreer, skakel asseblief persoonlik met Paul Grobler by die Sinodehuis by 082 653 5734.

Sinodenuus

Predikantewegbreek
Vanaf 21 tot 23 April vind 'n Predikantewegbreek by Tsekama, plaas. Die sinode dra die volle koste. Elkeen moet net vir sy eie vervoer sorg. Daar is net vir 15 persone plek. Kontak Paul Grobler by 082 653 of Elmarie Jooste by 082 496 6317 vir navrae en inskrywings.

Sake bespreek tydens onlangse SDR-vergadering
Begroting 2026/27
Die 2026/27 begroting, uitgedruk per rand, word hier uiteengesit.
Bydrae tot die Bedieningsfonds
SDR-afgevaardigdes word aangemoedig om aan gemeentes te verduidelik waarom dit nodig is om vir die bedieningsfonds by te dra, en ook hoe fondse aangewend word. In die afgelope boekjaar is nagenoeg 'n miljoen rand aan gemeentes met nood oorbetaal. Kontak Paul Grobler vir verdere navrae (082 653 5734).
Volgende SDR-Vergadering
Die volgende SDR vergadering is geskeduleer vir 24 Junie 2026 by Lynnwood Gemeente.
Fasiliteerders vir In Pas
Lourens Bosman, vroeër die Algemene Bestuurder van die Algemene Sinode skryf: “Tydens die Algemene Sinode van 2023 is die ontwikkeling van ’n missionale kultuur deur die gebruik van die publikasie In Pas, geïdentifiseer as een van die hoogste prioriteite. Om dit te doen, het die taakspan ‘n kursus vir fasiliteerders onwikkel. Dit is in 2025 vir die eerste keer aangebied. ’n Volgende opleidingsgeleentheid vind van 24 tot 26 Maart te eMseni aan die Oos-Rand plaas.”
Predikante, en lidmate wat graag as fasiliteerders opgelei wil word, moet asb. so gou moontlik vir Elmarie Jooste 082 496 6317 / [email protected] of vir Paul Grobler 082 653 5734 / [email protected] kontak. Navrae kan ook aan hulle gerig word. Die koste van die opleiding word deur die Sinode betaal.

Badseloop: Survivorkamp
Anita Hurn skryf: "Inskrywingsvorms sal binnekort beskikbaar wees vir die Survivorkamp wat plaasvind 29 Junie tot 3 Julie.
Die kamp is vir alle gr 8 - 10's!
Ons het ook plek vir Personeel (groepleiers) - Matrieks en Studente.
Die Survivorkamp word jaarliks aangebied deur die NG Kerk (Ring van Pietpotgietersrus) en vind plaas op Badseloop Jeugkampterrein, suid van Mookgopong (Naboomspruit).
Dis ‘n avontuur-ervaring, waar jongmense deur dinge wat hul ervaar en doen, meer van hulself en hul talente leer.
Dis pret en leer sonder enige lesing en natuurlik besondere "worship" geleenthede waar jy God kan ontdek!
Bekende leraars van die NG Kerk tree op as geestelike leiers. Ons gebruik net ons beste en bekwaamste mense om die kamp vir jongmense onvergeetlik te maak.
Hou gerus die spasie dop! Vir meer besonderhede kontak gerus:
Anita Hurn by 083 297 5471 of per epos by [email protected]"
Sinodesitting 2026
Algemeen
Vanjaar se Sinodesitting vind vanaf 18 tot 22 Oktober by Weesgerus plaas. Koste beloop R2000 per afgevaardigde. Vervoer (selfs vir diegene van Midde-Afrika) en alle ander koste van die sitting sal deur die sinode gedra word.
Taakspanverslae
Talle taakspanne het reeds hulle werk voltooi en die verslae is beskikbaar vir lesers. Gebruik hierdie skakel om dit te lees.
Taakspanverslae is hier beskikbaar.

Kolleganuus

Voorbidding
Adriana Myburgh, eggenote van Jacques (Gemeente Noordoos-Pretoria), wat onlangs 'n breinoperasie gehad het, het 'n terugslag gehad. Hul vra spesiaal voorbidding.
Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
23 Maart Nadine Bronkhorst (Rustenburg-Bergsig)
27 Maart Nicole Hamman-Forrest (Waterkloofrif)
Emeriti
20 Maart Chris Nel
23 Maart Roelf Opperman
26 Maart Casper Kruger
Eggenote
21 Maart Liezel Smit, eggenote van Francois (Groenkloof)
25 Maart Elna de Bruyn, eggenote van Tienie (Emeritus)
26 Maart Siebert Wiid, eggenoot van Liesel (Kameeldrif)
27 Maart Wilhelm van Niekerk, eggenoot van Marinda (Pretoria-Oos)
27 Maart Marcha van der Merwe, eggenote van Cecil (Doornpoort)

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Laai die opdateerde lys hier af.
Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
22 Maart 1922 Warmbad
23 Maart 1906 Louis Trichardt
23 Maart 1955 Petronella
23 Maart 1986 Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
24 Maart 1985 Rooihuiskraal
25 Maart 1994 SA Gemeente Verenigde Koninkryk
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Universiteitsoord
Universiteitsoord skryf: "Lente (2½) was in Desember in ’n ernstige motorongeluk en het ’n breinbesering opgedoen. Sy was ’n maand in ICU en daarna in rehabilitasie, maar is vroeër ontslaan omdat die mediese fonds nie verder betaal nie. Sy moet nou as buitepasiënt behandel word – privaat befonds.Lente moet tans basiese vaardighede soos eet, sit, loop en praat van vooraf leer. Sy het spesiale toerusting by die huis nodig en daar is voortdurende mediese en terapie-koste."
Universiteitsoord nooi almal uit na die fondsinsamelingsprojek wat gehou word op 26 Maart om 18:30 by die gemeente.
Haakdoorn Gemeente

Florauna Gemeente
Die gemeente nooi Verskillesers uit na hul jaarlikse Oorwinningsfees Kruisstasies.
Vir meer besonderhede lees gerus hier.
Omgeenuus
Brits Rusoord
Brits Rusoord skryf: "Ons is inderdaad ‘n wêreld in die kleine: Kos word daagliks gemaak vir al die inwoners, daar is ‘n tuin wat versorg moet word en voertuie om te onderhou. Hier is gloeilampe wat vervang moet word, geboue wat geverf moet word en instandhouding wat plaasvind.
Brits Rusoord is ‘n tehuis vir bejaardes en is gestig in 1970. Brits Rusoord verskaf beskostigbare verblyf en versorging aan bejaardes en is geleë te Kerkstraat 62A, Brits, Noordwes."
Lees die volledige artikel oor Brits Rusoord hier.

Toerusting
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor beplande toerustinggeleenthede.
Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
'n Posisie as Verhoudingsleier: Noordelike Streek is in Kemptonpark (Gauteng) beskikbaar.
Volledige inligting is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 20 Maart 2026
Villieria Gemeente
'n Vakature vir 'n deeltyds of voltydse leraar is beskikbaar by die gemeente. Meer besonderhede is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 3 April 2026
Pretoria-Tuine Gemeente
'n Voltydse onbepaalde Leraarspos is beskikbaar by die gemeente. Lees die volledige besonderhede hier.
Sluitingsdatum: 4 April 2026
Overkruin Gemeente
Die gemeente het 'n Kosterpos beskikbaar. Lees die volledige besonderhede hier.
Sluitingsdatum: 17 April 2026
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Regstelling
In die Verskil van 13 Maart is inligting gedeel oor 'n potgooi reeks wat deur Fay van Eeden geloods is, genaamd, Sondag tot Sondag. Die inligting was foutief. Die potgooi reeks is 'n inisiatief van Wierda Park Gemeente en Fay was slegs 'n gas van die program. Besoek gerus die gemeente se digitale platform vir ander opnames in die gewilde potgooi reeks.

Leierskap as moontlik-maker
DJ Muller skryf in 'n artikel wat in Kaapkerk se nuusbrief, Vrydagnuus, verskyn het: "Ons leef in ’n tyd waar alles oornag skynbaar verander het. Johan van der Merwe, AI-strateeg en leraar, verwys na die webwerf “WTF Happened 2025” om te illustreer hoe vinnig tegnologie en die samelewing skuif. Dit voel asof ons op 31 Desember 2025 gaan slaap het en in ’n onherkenbare 2026 wakker geword het. In so ’n wêreld is die eerste taak van ’n leier om kalm te bly. Maar kalmte alleen is nie genoeg nie; ons het leiers nodig wat nie net die storms trotseer nie, maar wat nuwe paaie oopmaak."
Lees die volledige artikel hier.

Johan van der Merwe, AI-strateeg en leraar.
Jesus het Sy hande vuil gemaak en dis wat die kerk moet doen
In 'n gesprek met Nico Simpson, in Kerkbode Kollig, sê Nico dat die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Dr Nico Simpson is uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat hulle nie soek nie. Hy sê uit 900 mense se terugvoer is dit vir hom baie helder, predikante moet mense ontmoet daar waar hulle in hulle geloofsreis is.
Luister na die onderhoud hier.

Dateer jou inligting op
Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.
Dateer jou besonderhede hier op.
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
