verskil

13 Maart 2026

March 12, 20269 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

Mors minder kos - 9 tot 15 Maart

Mariëtte Odendaal, van Vrypos, die nuusbrief van die Vrystaat Sinode, skryf: "Daar word al sedert 2007 jaarliks in Maart wêreldwyd gefokus op ‘n belangrike, maar dikwels onsigbare klimaatsveranderingskwessie, naamlik die vermorsing van voedsel.

Vanaf 9 tot 15 Maart vind die Week van Aksie teen die Vermorsing van Voedsel plaas; ’n inisiatief wat al sedert 2007 deur "Love Food Hate Waste" via die internasionale klimaataksie-liefdadigheidsorganisasie, WRAP, geloods word.

Word gerus deel as gemeente van dié belangrike inisiatief; dit leer ons almal om baie meer bewustelik-spaarsamig met voedsel om te gaan."

Vir bruikbare, praktiese wenke wat help om kos langer te laat hou, lees die artikel hier.

Mors

Tussen die geraas: Aan tafel met Fay

Fay van Eeden, predikant van Stellastraat, was 'n gas van Wierda Park Gemeente met hul Sondag tot Sondag Podcast reeks. Haar onderhoud is getiteld "Tussen die geraas: Aan tafel met Fay".

Luister hierna by:

Spotify: bit.ly/stdg1

YouTube: bit.ly/ytdg1

Apple Podcasts: https://is.gd/ffZMFj

Luister na ander opnames in Wierda Park Gemeente se potgooi reeks, hier.

WPark

Fay

PredikanteSAAMkoms

Kerkbode skryf: "Die konsep en kenmerkende formaat van TED Talks het oor die jare al ‘n kragtige kultuurverskynsel geword. En wanneer Goudini in die Wes-Kaap van 24-28 Augustus vanjaar gasheer speel vir die NG Kerk se predikanteSAAMkoms, wil Lerisa Meyer die TED-wenresep ook plaaslik vertolk as deel van die uiteenlopende aanbod by dié geleentheid. Hulle noem dit Idee Ateljee en soek sprekers.

Dit is nie ‘n lesing of ‘n preek nie; dit is ‘n geleentheid waar ons idees met mekaar kan deel,” vertel Lerisa. “Idees wat hoop gee, wat ons uitdaag, ons nuut laat dink, wat ons harte en denke weer opnuut aanraak. By die Idee Ateljee soek ons gefokusde en inspirerende aanbiedings.

Nou is jou kans!

Die inhoudspan nooi predikante wat die geleentheid sal bywoon, uit om hulle te kontak met voorstelle vir só praatjie. Meyer sê: “Ons nooi almal uit om ’n kort, inspirerende praatjie – nie langer as 10 minute nie – op te neem en dit as ’n YouTube-skakel met ons te deel. Die skakel moet met beperkte toegang ingestel wees (unlisted) en gestuur word na [email protected]. Meyer voeg by dat daar ’n keuringsproses sal wees waar ’n paneel die opnames beoordeel. Die sprekers wat gekeur word, kry dan die geleentheid om hul praatjie regstreeks by die saamkoms in Augustus aan te bied.

Hierdie is nie net nóg ’n referaatgeleentheid nie. My hoop is dat hierdie platform nie net inhoud sal lewer nie, maar ook nuwe energie en kreatiwiteit in ons bediening sal ontsluit.

Die finale datum vir Ted Talk inskrywings is 8 April. Die saamkoms is 24 – 28 Augustus 2026."

tED

Onthou!

Registrasie vir die PredikanteSAAMkoms sluit 10 April 2026.


Sinodenuus

sinodenuus

Predikantewegbreek

Vanaf 21 tot 23 April vind 'n Predikantewegbreek by Tsekama, plaas. Die sinode dra die volle koste. Elkeen moet net vir sy eie vervoer sorg. Daar is net vir 15 persone plek. Kontak Paul Grobler by 082 653 5734 of Elmarie Jooste by 082 496 6317 vir navrae en inskrywings.

Wegbreek


Sinodesitting 2026

Sinodesitting 2026

Algemeen

Vanjaar se Sinodesitting vind vanaf 18 tot 22 Oktober by Weesgerus plaas. Koste beloop R2000 per afgevaardigde en dek al die etes. Vervoer (selfs vir diegene van Midde-Afrika) en alle ander koste van die sitting sal deur die sinode gedra word.

Taakspanverslae

Talle taakspanne het reeds hulle werk voltooi en die verslae is beskikbaar vir lesers. Gebruik hierdie skakels om dit te lees. Elke week sal twee tot drie verskillende taakspanverslae beskikbaar gestel word.

Taakspan: Mentoraat

Taakspan: Rentmeesterskap

Taakspan: Bydraes tot bedieningfondse uit gemeente surplusfondse

Volledige lys met Taakspanverslae is hier beskikbaar.

Report


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 082 496 6317.

Leraars

14 Maart Willie de Beer (Monumentpark-Wes)

15 Maart Rian Steyn (SA Gemeente, Verenigde Koningkryk)

Emeriti

14 Maart Piet Janse van Vuuren

16 Maart George Beetge

16 Maart Flip du Toit

16 Maart Cobie Spies

20 Maart Chris Nel

Eggenote

14 Maart, Annelie Schmidt, eggenote van Ewald (Nylstroom-Oos)

15 Maart, Remedy Zulu, eggenote van Moses (Dutch Reformed Church of Zambia, Lusaka)

16 Maart, Johanette Pretorius, eggenote van Louis (Naboomspruit)

17 Maart, Graham Johnson, eggenoot van Leonie (Haakdoorn)

verj

Leer ken ...... Izak du Toit

Louis Pretorius, predikant van die Gemeente Naboomspruit, skryf: "Izak du Toit is op 18 Januarie vanjaar bevestig as mede-leraar van die gemeente.

Gebore as die oudste kind van Robbie en Renee du Toit in 1985 sou Izak vir die eerste paar jaar van sy lewe, as pastoriekind redelik rondtrek totdat sy pa in 1993 bevestig is as die leraar van die NG Gemeente Estoire op die plotte aan die Ooste kant van Bloemfontein.

Daar het hy sy laerskool loopbaan voltooi by ‘n klein skooltjie, Dr. C.F. Visser, waarna hy Grey Kollege toe is vir Hoërskool. Na sy matrikulasie in 2003 ervaar hy, tydens die Studentegemeente se eerstejaarskamp die roeping om teologie aan UOVS te gaan studeer. Hy voltooi sy studies in 2011 met sy MDiv. skripsie wat handel oor prediking aan tieners.

Oktober 2011 word hy aangestel as jeugwerker in NG Elspark aan die Oosrand, gelegitimeer in November en trou in Desember dieselfde jaar met Barbara-Mari. Dit was ‘n besige paar maande!

In 2013 word hy georden en bevestig as leraar van Elspark Gemeente. In Elspark het hy en Barbara-Mari groot bedieningsvreugde ervaar en werklik die seën van die Here beleef. In die tyd word ook hulle twee dogters Junèke (2015) en Imkè (2017) gebore.

In Oktober 2017 is Izak beroep na NG Delmas, waar hy tot Desember 2025 bedien. In die tyd word sy seun Robert (2019) gebore. In Delmas ervaar hulle groot seën en word hulle baie lief vir die gemeente."

Izak


Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

Geen

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Queenswood

Queen

Vir meer inligting oor die besonderse geleentheid op die 14de en 15de Maart, lees gerus hier.

Montana

Montana2

Universiteitsoord

Uni

Universiteitsoord skryf: "Lente (2½) was in Desember in ’n ernstige motorongeluk en het ’n breinbesering opgedoen. Sy was ’n maand in ICU en daarna in rehabilitasie, maar is vroeër ontslaan omdat die mediese fonds nie verder betaal nie. Sy moet nou as buitepasiënt behandel word – privaat befonds. Lente moet tans basiese vaardighede soos eet, sit, loop en praat van vooraf leer. Sy het spesiale toerusting by die huis nodig en daar is voortdurende mediese- en terapie-koste."

Universiteitsoord nooi almal uit na die fondsinsamelingsprojek wat gehou word op 26 Maart om 18:30 by die gemeente.


Omgeenuus

Omgee sonder kremetart

Uitnodiging

Wynand van Niekerk, Hoof van die SKDBM, nooi enige leraar of belanghebbende uit wat graag wil deel wees aan 'n werkgroep om te besin oor die diakonaat en diens van barmhartigheid in ons sinodale streek, om 'n epos te stuur aan [email protected], sou hul belangstel.

Die werkgroep gaan nadink oor sake soos:

  • ‘n Hedendaagse plan/taakspan/struktuur vir die werksaamhede van die destydse “SKDB”. Dit was ‘n sinodale kommissie wat in samewerking met die SKDBM die diens van barmhartigheid bestuur het.

  • Skakeling en betrokkenheid by die SKDBM en haar diensorganisasies, asook die KMDR.

  • Skakeling en samewerking met gemeentes en gemeentelike NWO’s.

  • Fokusareas vir die Noordelike Sinode se diakonaat.

SKDBM

"Not getting older, but growing older"

Huis HJ Piek skryf: "Ons tehuis is geleë in die boomryke area van Nieuw Muckleneuk, naby Austin Roberts Voëlpark in Pretoria en bied bekostigbare verblyf vir tot 70 selfversorgende inwoners ouer as 55 jaar. Ons streef om akkommodasie te bied waar die latere jare van die lewe nie net gemaklik nie, maar ook betekenisvol geleef word. Met die intrapslag is dit duidelik: ons atmosfeer is warm, veilig en vol lewe, met ’n sigbare fokus op respek en menswaardigheid.

Ons leuse “Not getting older, but GROWING older,” dui op die beginsel dat groei en nuwe ervarings nooit ophou nie."

Lees die volledige artikel oor Huis HJ Piek hier.

Huis Piek


Toerusting

Toerusting

Aftrede

Aftrede is nie ’n punt nie – dit is ’n komma.

Sluit aan by Excelsus se twee-dag aanlyn werkswinkel en ontwerp jou volgende seisoen van roeping met wysheid, hoop en doelgerigtheid.

Aftrede


Registreer hier: https://qkt.io/08L7Gf
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/beplan-jou-aftrede/

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor ander beplande toerustinggeleenthede.

Excelsus


Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Doornpoort Gemeente

Die gemeente het 'n vakature vir 'n Musiekleierpos (kontrakpos). Lees die volledige besonderhede hier.

Sluitingsdatum: 16 Maart 2026

Pretoria-Tuine Gemeente

'n Voltydse onbepaalde Leraarspos is beskikbaar by die gemeente. Lees die volledige besonderhede hier.

Sluitingsdatum: 4 April 2026

Algemene Sinode Kantoor (Hatfield)

'n Vakature vir 'n Kommunikasie- en Media Koördineerder (12-maande kontrakpos) is beskikbaar by die Algemene Sinode. Lees die volledige besonderhede hier.

Sluitingsdatum: 24 April 2026 om 13:00

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Vaka


Ander Nuus

ander

Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, Retha Bloem.

Sy vertel in hierdie episode van Kerkbode Kollig meer oor wat bedoel word met ’n trauma-ingeligte kurrikulum asook hoe sy meen ’n Christelike etos kan bydra tot wat sy noem ’n pedagogie van hoop. Die oud-maatskaplike werker praat ook oor die Hugenote kollege op Wellington se eie storie van hoop.

Luister na die volledige opname hier.

Bloem

Taakspan Missionale Roeping (ASM)

Die Taakspan Evangelisasie en die Taakspan Diakonaat reageer in opdrag van die Algemene Sinode, Oktober 2023: Die Taakspan Missionale Roeping word versoek om aandag te gee aan die integrasie van evangelisasie met ander missionale werksaamhede, veral diakonaat en die aanspreek van sosiale geregtigheid.

‘n Vorderingsverslag het by die ASM van November 2025 gedien. Hierdie verslag dien as vertrekpunt tot ʼn onderskeidingsproses oor die NG Kerk se betrokkenheid by menslike lyding en nood. Die teologiese uitgangspunte wat evangelisasie en diakonaat onlosmaaklik aan mekaar verbind, is tydens die vergadering van die ASM voorgehou.

Die volledige verslag kan hier afgelaai word.

ASM

Die stand van Amerikaners se geloofsverwante betrokkenheid

Lees die onlangse navorsingsresultate wat deur Gallup gepubliseer is, oor die stand van Amerikaners se betrokkenheid by geloofsverwante aktiwiteite, hier.

VSA

Noordelike Sinode Kerkorde (2025)

Die pdf weergawe van die Kerkorde soos bygewerk, is hier beskikbaar.

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Hou mekaar vas
Back to Blog