verskil

30 Januarie 2026

January 29, 20269 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

Bek-en-klouseer epidemie

Die krisissituasie waarin veeplase verkeer weens die bek-en-klouseer epidemie is so kritiek dat die onmiddelike gevaar van totale bedryfsineenstorting reeds 'n beduidende deel van boere in die land, in die gesig staar.

Nie net het hierdie epidemie tot finansiële krisisse gelei nie, maar ook die emosionele trauma wat dit veroorsaak, is ingrypend. Dr Theo de Jager het in 'n onderhoud met die Groot Ontbytspan hieroor uitgebrei. Luister na die onderhoud hier.

In 'n poging om die geloofsgemeenskap se steun in voorbidding vir hierdie boere en gemeenskappe te verkry, het Rassie Fourie van die Duet Gemeente in Potchefstroom, 'n video opname gemaak. Kyk na die opname hier.

Verskillesers word gevra om vir hierdie gemeenskappe en gesinne voorbidding te doen.

BKS

'n Oproep tot omgee

Gemeentes wat bydraes wil maak tot die Limpopo en Mpumalanga areas wat deur die vloede geraak is, kan finansiële of konkrete items bydra. Lees hier oor watter items geidentifiseer is waaraan die inwoners 'n behoefte het asook bekom die besonderhede oor hoe bydraes gemaak kan word.

Ramp

Alpineweg 330

Van 1 April 2026 af is die nuwe tuiste van die Noordelike Sinode, Alpineweg 330, Lynnwood.

Dit beteken dat die Sinodehuis se personeel hier hulle kantore sal hê. Tans sluit dit die volgende mense in: Die Direkteur, Paul Grobler, die Saakgelastigde, Rehan Rheeder, die Finansiële beampte, Sandra Grobler en die Kommunikasiebeampte, Elmarie Jooste.

Saaier5

Daar is genoeg ruimte dat die Sinode se barmartigheidsarm ook hier geakkommodeer sou kon word. Wynand van Niekerk, Uitvoerende hoof van die SKDBM, en Ronél Aylward, Algemene bestuurder van die CMR, sowel as hulle sleutelpersoneel, sal dus ook hier ‘n tuiste kan vind.

bab5

Alpineweg 330 is langs die kerkkompleks van Lynnwood geleë. Dit sal dus in die toekoms beteken dat alle sinodale vergaderings, sover moontlik hier gehou sal word. Dit sluit o.a. die SDR (Sinodale Diensraad), taakspanne en barmhartigheidsgeleenthede in.

Die nuwe adres is 'n klipgooi vanaf die N1 snelweg en dus baie toeganklik vanuit die noorde, weste en suide.

Die huis is tot einde 2025 deur die Gemeente Lynnwood as pastorie gebruik en die Sinode sluit nou 'n langtermyn huurkontrak met die Gemeente.


Sinodenuus

sinodenuus

Eerstejaars in Pretoria begroet met sang en bemoediging

Sowat 500 studente en 150 kamppersoneel het vir vanjaar se 51ste eerstejaarskamp wat deur Universiteitsoord aangebied word, ingeskryf.

Lees die volledige artikel oor vanjaar se eerstejaarskamp, soos in die Kerkbode van 23 Januarie, verskyn het, hier.

kamp

Die 2026-skooljaar is hier!

Vir die 170 kinders by die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom beteken dit weer vroeg opstaan, skoolklokke, huiswerk en groot drome. Om in die basiese behoeftes van die kinders te voorsien, ervaar die kinderhuis 'n tekort aan die volgende items:

  • Skoolklere

  • Skoolskoene

  • Skryfbehoeftes

  • Skooltasse

  • Kosblikke

  • Waterbottels

Jy kan help om in hierdie behoefte te voorsien deur 'n finansiële bydrae te maak.
Die bankbesonderhede van die kinderhuis is:

Abraham Kriel Nylstroom Fonds
Bank: ABSA
Tak: Modimolle
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4113 3977 88
Verwysing: Jou selnommer of e-posadres
Swift-kode: ABSAZAJJ

Stuur asseblief jou betalingsbewys na [email protected]
Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie- en databestuur, sodat ons jou kan bedank vir jou donasie.

Kriel2

Wêreldbiddag vir vroue

Wêreldbiddag vir vroue word vanjaar op 6 Maart 2026 gehou. Besoek gerus die Algemene Sinode se webwerf vir meer inligting en riglyne vir gemeentes en gebedsgroepe wat aan die inisiatief wil deelneem. Programme en aandenkings vir die geleentheid kan ook by die organiseerders bestel word. Besonderhede hieroor is hier beskikbaar.

Vroue

Leraarontginning

Die volgende Leraarontginninggeleentheid vind vanaf 9 tot 11 Maart, plaas. Dit bied aan predikante die geleentheid om in 'n vertroulike ruimte in die spieël te kyk. Plek is beperk. Kontak sou gou moontlik een van die volgende persone vir inskrywings en navrae:

Paullet Grobler 076 841 1568

Bennie Powell 082 305 4444

Paul Grobler 082 653 5734

Mirror

Kerk en Samelewing konferensie

Dit is vanjaar 40 jaar nadat die NG Kerk 'n radikale koersverandering gemaak het rakende die Kerk se standpunt oor ons land se politieke beleid. Dit het baie repurkussies veroorsaak en onder andere gelei tot die stigting van die Afrikaanse Protestantse Kerk.

Die Excelsus konferensie vind vanaf 17 tot 19 Maart by Stellastraat Gemeente plaas. Registreer vir die konferensie op Excelsus se webwerf of maak gebruik van hierdie skakel.

Excelsus

Predikantewegbreek

Die eerste wegbreek vir predikante is geskeduleer vanaf 21 tot 23 April by Tsekama. Die sinode dra die volle koste. Elkeen moet net vir sy eie vervoer sorg. Daar is net vir 15 persone plek. Kontak Paul Grobler by 082 653 of Elmarie Jooste by 082 496 6317 vir navrae en inskrywings.

Tsekama

PredikanteSAAMkoms

Die Algemene Sinode het 'n kort bekendstellingsvideo van die PredikanteSAAMkoms in Augustus, gemaak. Kyk gerus na die opname hier.

Saam

Pensioenfondsbydraes, tariewe en premies vanaf Maart 2026

Lees die Pensioenfonds Omsendskrywe (Nr 1 van 2026) vir meer inligting.

Pensioenfonds Omsendskrywe 1 van 2026

Pension Fund Circular 1 of 2026


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

1 Februarie Ewald Schmidt (Nylstroom-Oos)

3 Februarie Joggie Kotzé (Dwaalboom)

Emeriti

1 Februarie Frikkie Delport

4 Februarie Malan Nel

5 Februarie Tinus Benade

Eggenote

31 Januarie Barbie Hunter, eggenote van Marius (Northam)

Pers3

Hospitaal

Jacques Myburgh van Noordoos-Pretoria Gemeente se vrou, Adriana, sterk steeds in die hospitaal aan na 'n nie-kwaadagtige breingewas verwyder is.

Pers4

Beweging

Beroep

Die Gemeente Montana het Prop Karla Grahan beroep as deeltydse, termynbepaalde leraar.

Karla

Diensaanvaarding en intreepreek

Frikkie Coetzee het die beroep as kontrakleraar na Riviera-Jakaranda Gemeente aanvaar en word op 1 Februarie bevestig. Hy lewer ook dan sy intreepreek.

Coetzee

Emeritaat

Willem Pretorius van die Gemeente Kameeldrif emeriteer op 31 Januarie. Die gemeente neem op 1 Februarie van hom afskeid. Hy en sy vrou, Karien, gaan steeds in Pretoria bly.

Willem

Afskeid

Die Riviera-Jakaranda Gemeente neem Sondag, 1 Februarie, afskeid van Roelf Opperman.

Roelf

Verkiesing van Bestmed se Raad van Trustees

Wynand van Niekerk van die SKDBM is as verteenwoordiger vir die Bestmed Raad van Trustees benoem. Lees die inligtingstuk vir meer besonderhede oor al die ander kandidate wat aan die verkiesing deelneem en bring dan jou stem uit. Besonderhede oor hoe jy jou stem moet uitbring, is in hierdie brief uiteengesit. Sluitingsdatum vir die verkiesing is 6 Februarie 2026.

Pers5

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.

Pers6

Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

Geen

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Pers8

Toerusting

Toerusting

Excelsus

Excelsus se beplanning vir 2026 is op hul webwerf beskikbaar.

Leergeleenthede kan in twee groepe verdeel word.

  • Die eerste is die leergemeenskappe wat in samewerking met die Fakulteit van Teologie en Religie aangebied word. In 2026 gaan Excelsus weer maandeliks vanuit die fakulteit ‘n VBO op die derde Donderdag van die maand aanbied. Meeste van hierdie aanbiedings gaan aanlyn plaasvind. Die presiese temas sal later bekend gemaak word. Kyk gerus hier vir die voorlopige program.

  • Die tweede tipe leergemeenskappe is VBO’s wat saam met Excelsus se vennote aangebied word. Hierdie VBO’s word in persoon en aanlyn aangebied. Die VBO’s wat reeds bevestig is, kan hier gesien word. (Woon gerus die VBO op die 6de Februarie by om te hoor wat die VBO ekosisteem vir 2026 gaan behels. Besoek hul webwerf vir meer inligting).

Excelsus nooi ook ringe, sinodes en taakspanne uit om in gesprek met hul te tree om spesifieke leergemeenskappe te vorm.

Die riglyne vir VBO-punte is ‘n handige dokument wat gebruik kan word wanneer leergemeenskappe rondom spesifieke behoeftes gevorm word. Lees die dokument hier.

Jul word herinner aan veral twee van Excelsus se webinaargeleenthede wat binnekort plaasvind.

Wat beteken inspirerende leierskap in ’n wêreld vol kompleksiteit?

Sluit aan vir ’n insiggewende webinaar saam met Hermann du Plessis, Brand Pretorius en Jurie Schoeman. Ons verken waardegedrewe leierskap, karakter en kultuur — én gesels oor hulle invloedryke boeke Inspirende Leierskap en Lead with Intent. ’n Praktiese gesprek wat help om mense se volle potensiaal te ontsluit.

Leierskap

Registreer hier: https://forms.gle/uJYw3DJLA5Ga8Mij7

Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/inspirerende-leierskap/

Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak?

Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.

Prakties

Registreer hier: https://forms.gle/MChoRAdPSGKz8CF76

Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/praktiese-teologie-in-2026/

Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Krokodilrivier Gemeente (Brits)

'n Vakature vir 'n orrelis / Clavinova-begeleier bestaan in Krokodilrivier Gemeente te Brits. Vir meer besonderhede, lees hier.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026

Môregloed Gemeente

'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie en vergoeding is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026

Overkruin Gemeente

'n Jeugwerkerpos is beskikbaar by die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026

Rustenburg-Moedergemeente

'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2026

Raslouw Gemeente (Centurion)

'n Kantoorassistentpos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 21 Februarie 2026

Stad-op-die-Berg Gemeente (Louis Trichardt)

'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Pers10

Ander Nuus

ander

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

hou vas

Back to Blog