verskil

23 Januarie 2026

January 22, 20267 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

Varsnuus

Varsnuus

Groen, die kleur van groei.

Die tydperk tussen Epifanie en Lydenstyd fokus op Jesus se aardse bediening voor Sy reis na Jerusalem. Op die eerste Sondag na Epifanie (11 Januarie) word Jesus se doop herdenk, wat die begin van Sy openbare bediening aandui. Die daaropvolgende Sondae belig wat Jesus op aarde geleer en gedoen het (18 Januarie). Die laaste Sondag voor Lydenstyd staan bekend as die Sondag van die Verheerliking (15 Februarie), wanneer Jesus se verheerliking op die berg herdenk word. Lydenstyd begin vanjaar op Aswoensdag, 18 Februarie.

Die liturgiese kleur vir hierdie tyd is groen, die kleur van groei, wat simbolies is van die groei van die kerk in die wêreld.

Groen1

Reik uit na rampgebiede!

Groot dele van Limpopo en Mpumalanga is onder water weens meer as twee weke se swaar reën wat tot erge oorstromings en vloede gelei het. Die regering het op 19 Januarie dele van dié streke tot nasionale rampgebiede verklaar.

Helene Meissenheimer van die Kerkbode skryf in 'n berig gedateer 21 Januarie: "Meer as 40 gesinne van ’n klein gemeenskap in Limpopo moes in kerkgeboue skuiling soek te midde van die swaar reën en vloede in die noorde van die land. Ook kerklike hulporganisasies is besig om bystand te verleen. Tinus de Beer van Respond SA, waarvan die NG Kerk ’n stigterslid is, sê hulle werk ten nouste saam met die provinsiale regering in Limpopo." Lees die volledige berig hier.

Respond SA is 'n ekumeniese rampreaksienetwerk wat gestig is om effektiwiteit van hulpaksies deur kerke en Christelike hulporganisasies te versterk. Die verteenwoordiger van Respond SA in Limpopo is Tinus de Beer. As jou gemeente betrokke wil raak in hulpverleningaksies in die Limpopo streek, skakel met Tinus by [email protected].

Limpopo

Foto: Kerkbode, 21 Januarie 2026

Dit is nie net die vloede wat gemeenskappe vroeg in die nuwe jaar getref het nie, die veldbrande wat groot gedeeltes van die Suid-Kaap en Wes-Kaap vroeër die maand mee moes wroeg, het ons opnuut laat besef hoe nodig gemeenskappe mekaar in tye van nood het. Helene Meissenheimer skryf in 'n artikel van Kerkbode dat hierdie tye van teëspoed mense, ook kerke, dinge waaroor hul van mekaar verskil, opsy stoot om hande te vat en saam te werk. In 'n onderhoud met Pierrie Kies, leraar van Mosselbaai Moedergemeente, vertel Helene hoe die gemeenskap saamgestaan het tydens die onlangse brande in die omgewing. Lees die artikel hier.

Brand

Foto: Kerkbode, 14 Januarie 2026

Vir volledige agtergrond oor die ekumeniese rampreaksienetwerk, Respond SA, en die NG Kerk se betrokkenheid in die inisiatief, lees die berig in Kerkbode (gedateer Oktober 2023), wat hieroor handel,


Sinodenuus

sinodenuus

Vroue in leierskaprolle in die Kerk

Nioma Venter, algemene sekretaris van die NG Kerk, verduidelik in 'n paneelgesprek waaraan sy, Lerisa Meyer, gemeenteleraar van die NG Kerk in KwaZulu-Natal en Tanya van Wyk, professor in sistematiese teologie en verbonde aan die Hervormde Kerk, deelgeneem het, waarom die onderwerp van vroue en leierskaprolle in die Kerk, relevant moet bly. Hierdie gesprek sluit aan by die besluite wat geneem was by die sinode van die GKSA in Potchefstroom vroeër vanjaar. Luister na die volledige gesprek hier.

Lees die volledige artikel hieroor soos verskyn het in die Kerkbode van 16 Januarie.

Vroue4

Wêreldbiddag vir vroue

Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 6 Maart 2026 gehou. Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag van gebed te vier. Vanjaar se tema bring troos in ‘n tyd waarin mense wêreldwyd onder swaar laste gebuk gaan.

Besoek gerus die Algemene Sinode se webwerf vir meer inligting en riglyne vir gemeentes en gebedsgroepe wat aan die inisiatief wil deelneem. Programme en aandenkings vir die geleentheid kan ook by die organiseerders bestel word. Besonderhede hieroor is hier beskikbaar.

Biddag


Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.

Leraars

25 Januarie Matie Horn (Pietersburg)

Emeriti

25 Januarie Hennie Mouton

27 Januarie Bertus Olivier

29 Januarie Paul du Plessis

30 Januarie Pieter Lourens

Eggenote

27 Januarie Nerene Grobler, eggenote van Paul (Sinodehuis)

31 Januarie Barbie Hunter, eggenote van Marius (Northam)

Groen2

Hospitaal

Jacques Myburgh van Noordoos-Pretoria Gemeente se vrou, Adriana, het tydens hulle vakansie in die Kaap onverwags siek geword. Hulle moes uiteindelik 'n breingewas verwyder en sy is steeds in die hospitaal. Die voorlopige toetse dui daarop dat die gewas nie kwaadaardig is nie.

Groen3

Beweging

Beroep

Willie Korb van Oranjeville Gemeente is beroep na Messina Gemeente.

Korb

Roelf Opperman (Emeritus) is na die Gemeente Doringkloof beroep as brugleraar.

Roelf

Emeritaat

Hennie Kotzé van Rustenburg Moedergemeente emeriteer aan die einde van Januarie. Die gemeente neem op 25 Januarie van hom afskeid. Hy lewer ook dan sy afskeidspreek. Hy en sy vrou, Elna, gaan hulle op Hartbeespoort vestig.

Kotze4

Matie Horn van Pietersburg Moedergemeente emeriteer op 25 Januarie. Die gemeente neem dan van hom afskeid en hy lewer ook dan sy afskeidspreek. Hy en sy vrou, San, gaan steeds in Polokwane woon.

Horn4

Verkiesing van Bestmed se Raad van Trustees

Die tyd raak min vir jou om deel te neem aan die verkiesing van Trustees vir Bestmed Mediese Skema. Die verkiesing van Trustees sluit die 6de Februarie 2026. Lees die inligtingstuk vir meer besonderhede oor die kandidate wat aan die verkiesing deelneem. Besonderhede oor hoe jy jou stem moet uitbring is in hierdie brief gerig aan alle Bestmed lede, uiteengesit.

Froen4

Preekgeleenthede

Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.

Groen 7

Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].

24 Januarie 1953 Potgietersrus-Oos

26 Januarie 1973 Hartbeespoort

28 Januarie 1980 Jan Niemandpark

Groen5

Aktiwiteite

As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.

Lynnwood Gemeente

Jeug7Feb

Toerusting

Toerusting

Voortgesette bedieningsontwikkeling

Die NG Kerk erken die belangrikheid van voortgesette leer en ontwikkeling vir predikante, diensleraars, standplaasleraars en bedienaars. Voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) is ‘n reis van lewenslange leer wat daarop gemik is om leiers te ondersteun, te bemagtig en toe te rus om as dissipels die koninkryk te soek en as bekwame leiers volhoubaar en met bedieningsvreugde te bedien. Vir meer inligting oor die VBO en hoe VBO punte toegeken word, lees gerus die prospektus hier.

VBO

Opleiding van Opleiers: Dissipels maak Dissipels

Daar is nog plek beskikbaar vir die kursus - Dissipels maak Dissipels - wat geskeduleer is vir 26 tot 28 Januarie. Die kursus bou op ‘n inleiding oor die kritieke belang van die herstel van die gemeente van Christus tot ‘n geloofsgemeenskap waar elke lidmaat ‘n dissipel van Christus is wat dissipels maak. Leraars en lidmate wat leraars as opleiers kan vergesel word uitgenooi om die kursus dan ook plaaslik aan te bied.

Vir meer besonderhede oor die kursus en vir toegang tot die inskrywingsvorm, lees hier.

Nel

Vakatures

vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].

Krokodilrivier Gemeente (Brits)

'n Vakature vir 'n orrelis / Clavinova-begeleier bestaan in Krokodilrivier Gemeente te Brits. Vir meer besonderhede, lees hier.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026

Môregloed Gemeente

'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie en vergoeding is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026

Overkruin Gemeente

'n Jeugwerkerpos is beskikbaar by die gemeente. Besonderhede oor die posisie en is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026

Rustenburg-Moedergemeente

'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2026

Stad-op-die-Berg (Louis Trichardt) Gemeente

'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.

Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026

Ander

Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Groen6

Ander Nuus

ander

Dateer jou inligting op

Dit mag moontlik wees dat jou persoonlike kontakbesonderhede of die funksionele rol wat jy in die gemeente of ring het, onlangs verander het. Verseker dat jou inligting op die sinode se databasis korrek is ten einde belangrike korrespondensie te ontvang.

Dateer jou besonderhede hier op.

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

hou vas

Back to Blog