
16 Januarie 2026
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
Varsnuus
Haal asem
Kyk hier na die nuwejaarboodskap van Lizl-Louise Schoeman, Moderator van die Noordelike Sinode.

'n Laaste kans om in te skryf
Universiteitsoord se eerstejaarskampe begin eerskomende Maandag, 19 Januarie en duur tot Vrydag, 23 Januarie. Voornemende eerstejaars wat nog nie ingeskryf het nie is welkom om Maandag net op te daag. Die studenteleraars het bevestig dat hul nog plek het.

Week van gebed - 18 tot 25 Januarie
Die Algemene Sinode skryf: "Die Week van Gebed is ’n gevestigde gebruik in die NG Kerk. Hierdie spesifieke tyd word ook reeds sedert 1908 internasionaal as ‘n ekumeniese gebedstyd vir die eenheid van die kerk ingerig. Jesus se gebed “dat hulle almal een mag wees” (Johannes 17:21) roep die Kerk tot sigbare eenheid. Deur hierby aan te sluit versterk die NG Kerk ekumeniese verhoudinge, toon nederigheid oor verdeeldheid, en getuig van Christelike eenheid in ‘n gefragmenteerde wêreld."
Lees die Preeksketse vir die Week van Gebed soos beskikbaar gestel deur CFL, hier.
Sinodenuus

Dateer jou dagboek op
Maart
4 Maart, SDR vergadering.
9 tot 11 Maart, Leraarontginning.
17 tot 19 Maart, Excelsus konferensie: 40-jaar na Kerk en Samelewing.
April
21 tot 23 April, Predikantewegbreek by Tsekama.
Junie
9 tot 11 Junie, Predikantewegbreek by Tsekama.
24 Junie, SDR vergadering.
Augustus
24 to 28 Augustus, PredikanteSAAMkoms by Goudini.
Oktober
18 tot 22 Oktober, Sinodesitting by Weesgerus.

Saamdink oor jeugwerk
Vrydag 9 en Saterdag 10 Januarie het dertien predikante en lidmate by Badseloop, koppe bymekaar gesit oor jeugwerk in 2026. Hierdie gesprek gaan maandeliks op Zoom voortgesit word. Die datums sal bekend gemaak word. Gebruik hierdie Zoom-skakel elke keer.
Belangrike 2026-Badseloopkampe

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
17 Januarie Tiaan van Niekerk (Rietfontein-Noord)
19 Januarie Fritz Snyman (Lynnwood)
Emeriti
19 Januarie Toon van der Merwe
Eggenote
17 Januarie Jukie de Vos, eggenote van Wouter (Wonderboompoort)

Beweging
Beroep
Prop Wihan Rossouw (Raslouw) is beroep na Hottentots-Holland Gemeente.
Afskeid
Luné Dorfling het die beroep na Upington aanvaar en het op 11 Januarie haar afskeidspreek by Vorentoe Gemeente gelewer.
Diensaanvaarding en bevestigingspreke
Ziandri Jacobs is op 11 Januarie by die Gemeente Kerk-in-Suid georden en sy het ook haar intreepreek gelewer.

Dawie Rotteveel word op 18 Januarie in die Gemeente Harare bevestig. Hy lewer ook dan sy intreepreek.

Izak du Toit het die beroep na Naboomspruit Gemeente aanvaar en word op 18 Januarie bevestig. Hy lewer ook dan sy intreepreek.

Johan Laubscher het die beroep as kontrakleraar na Capital Park-Concordia Gemeente aanvaar. Hy word op 18 Januarie bevestig.

Frikkie Coetzee het die beroep as kontrakleraar na Riviera-Jakaranda Gemeente aanvaar en word op 1 Februarie bevestig. Hy lewer ook dan sy intreepreek.

Emeritaat
Hennie Kotzé van Rustenburg Moedergemeente emeriteer aan die einde van Januarie. Die gemeente neem op 25 Januarie van hom afskeid. Hy lewer ook dan sy afskeidspreek. Hy en sy vrou, Elna, gaan hulle op Hartbeespoort vestig.

Matie Horn van Pietersburg Moedergemeente emeriteer op 25 Januarie. Die gemeente neem dan van hom afskeid en hy lewer ook dan sy afskeidspreek. Hy en sy vrou, San, gaan steeds in Polokwane woon.

Willem Pretorius van die Gemeente Kameeldrif emeriteer op 31 Januarie. Die gemeente neem op 1 Februarie van hom afskeid en hy lewer ook dan sy afskeidspreek. Hy en sy vrou, Karien, gaan steeds in Pretoria bly.

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.

Verander jou leefstyl met Tempo!
Dit is 'n nuwe jaar, 'n nuwe begin en goeie tyd om gesonde leefstylkeuses te maak. As Bestmedlid het jy toegang tot die skema se welweesprogram, Tempo en al die voordele en ondersteuningsdienste wat die program bied.
Jy en jou gesin kry toegang tot die Tempo voordele sodra elke lid van die gesin, wat 16 jaar en ouer is, die leefstylvraelys- en biometriese toetse voltooi het.
Kyk gerus na die opname wat die registrasieproses verduidelik.
Verkiesing van Bestmed se Raad van Trustees
Die verkiesing van Trustees vir Bestmed Mediese Skema vind tans plaas en sluit die 6de Februarie 2026. Jy behoort 'n boodskap hieroor van die van die Skema te ontvang, maar vir geriefshalwe kan jy die inligtingstuk en die brief wat aan alle Bestmed lede gerig is, hier lees.

Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
22 Januarie 1944 Villieria
22 Januarie 1949 Brits
22 Januarie 1949 Wespoort
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskillesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Lynnwood Gemeente
Toerusting
Excelsus
Excelsus het inligting oor seminare en werkswinkels wat beplan is vir 2026 op hul webwerf beskikbaar gestel - excelsus webwerf. Van die webinaars wat geskeduleer is tot en met einde Februarie, word hier weergegee.
Vind God in die Gewone – Gemeente Werkswinkel
Sluit aan vir ’n praktiese halfdag-webinaar waarin ons wys hoe gemeentes ’n 40-dag reis kan aanbied wat preke, kleingroepe en jeugbediening geïntegreerd versterk.

Registreer hier: https://forms.gle/1LctxSZoUaDKkvg8A
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/vind-god-in-die-gewone/
Vrywilligersbestuur – Geloofsgroei eerder as goedkoop arbeid
Sluit aan vir ’n praktiese én teologiese dagseminaar saam met Dr. Wicus van der Merwe oor hoe gemeentes ’n gemotiveerde, gesonde en volhoubare vrywilligerskultuur kan bou — sonder uitbranding.

Registreer hier: https://forms.gle/Aqv9xwRgkF6aevWv9
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/vrywillegers-in-die-kerk/
Wat beteken inspirerende leierskap in ’n wêreld vol kompleksiteit?
Sluit aan vir ’n insiggewende webinaar saam met Hermann du Plessis, Brand Pretorius en Jurie Schoeman. Ons verken waardegedrewe leierskap, karakter en kultuur — én gesels oor hulle invloedryke boeke Inspirende Leierskap en Lead with Intent. ’n Praktiese gesprek wat help om mense se volle potensiaal te ontsluit.

Registreer hier: https://forms.gle/uJYw3DJLA5Ga8Mij7
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/inspirerende-leierskap/
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak?
Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.

Registreer hier: https://forms.gle/MChoRAdPSGKz8CF76
Meer inligting: https://www.excelsus.org/aanbiedings/praktiese-teologie-in-2026/

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Krokodilrivier Gemeente (Brits)
'n Vakature vir 'n orrelis / Clavinova-begeleier bestaan in Krokodilrivier Gemeente te Brits. Vir meer besonderhede, lees hier.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026
Môregloed Gemeente
'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie en vergoeding is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026
Rustenburg-Moedergemeente
'n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2026
Stad-op-die-Berg (Louis Trichardt) Gemeente
'n Mede-leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Besonderhede oor die posisie is hier beskikbaar.
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2026
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
