
14 November 2025
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus
"SAAM"koms van predikante
Die geleentheid om alle predikante van die NG Kerk in 2026 bymekaar te laat kom, vorder goed. Die datum en plek is gefinaliseer: 25 - 28 Augustus te Goudini. Meer besonderhede volg binnekort.
2025 Legitimasie
Op Donderdag 6 November, tydens ‘n spesiale geleentheid het die 2025-legitimasiegeleentheid van die Kuratorium van Transvaal, plaasgevind. Die geleentheid het preekvergunning aan studente, artikulasie van diensleraars, asook legitimasie van proponent-diensleraars en proponent-leraars omvat. In totaal het twintig studente aan die plegtigheid deelgeneem.
Die dag se verrigtinge het afgeskop met 'n ontbytgeleentheid wat deur die Noordelike Sinode by die Algemene Sinode se kantore aangebied is.

Die sinode wens elke student geluk met hierdie mylpaal in hul lewens.
Kontakbesonderhede van die proponente is hier beskikbaar.
Erkenning
Tydens die legitimasie is daar erkenning gegee aan prof. Malan Nel se betekenisvolle bydrae oor baie jare as praktiese teoloog. Hy is nie net 'n wêreldkenner oor Gemeentebou nie, maar ook die vader van die Lentekonferensie. Op ses-en-tagtig-jarige ouderdom reis hy steeds wêreldwyd en daarom het die hoof van Praktiese Teologie, prof. Christo Lombaard, 'n reissak aan hom oorhandig.

Sinodenuus

Daspoort
Lourens Bosman (links) is op Sondag 9 November as brugleraar vir die Ring van Daspoort bevestig. Hy is deur Hardus Prinsloo, die predikant van die oudste gemeente, Daspoort, bevestig.
Die Ring van Daspoort het by die bevestiging van Lourens ook feesgevier oor die gawes en uniekheid van die ring. Elke gemeente het daarom iets wat simbolies van hulle is, in die liturgiese ruimte, kom neersit. Dit het onder andere 'n potjie sout, 'n huis, 'n aardbol en figure wat mekaar vashou, ingesluit. Naudé Kritzinger, voorsitter van die ring, het daarna vir al die gemeentes en die brugproses gebid.
Eerstejaarskamp
Universiteitsoord (Pretoria)

Biddag vir Beskermingsdienste
Sondag, 16 November is biddag vir die beskermingsdienste. Ons polisie, brandweer, paramedici en ander eerstehulpverleners is die helde wat elke dag ons gemeenskappe veilig hou.
Lees en luister na 'n artikel van Dink Jeug oor hoe gemeentes die beskermingsdienste kan ondersteun en hoe die spesiale bidgeleentheid in 'n diens inkorporeer kan word. (Met erkenning aan Oostelike Sinode)
Kapelaansdienste
In 'n artikel deur CL Vosloo, in Kerkbode, vertel hy wat die oorspronklike doel met die kapelaansdiens in oorlogtye was en watter rol hierdie diens tans in die beskermingsdienste speel. Lees die volledige artikel hier.
Bendegeweld
Daar gaan byna nie 'n dag verby sonder dat iemand in bendegeweld in Suid-Afrika sterf nie. Dit is dikwels skoolkinders van die Kaapse Vlakte, Westbury en Eldorado Park in Johannesburg, Reigerpark aan die Oos-Rand of Eersterus by Pretoria, wat doodgeskiet word. Daar is al baie gepraat, en daar was al baie planne - selfs die weermag is al ingeroep - om van hierdie geweld ontslae te raak. Die FW de Klerk-stigting het onlangs gevra dat dit as 'n nasionale krisis verklaar moet word. Luister na 'n onderhoud van Radio Sonder Grense met Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, hieroor.

Herwin glas vir 'n groener toekoms
Glas is 'n volhoubare verpakkingsmateriaal omdat dit 100% herwinbaar is. Tog beland derduisende glas bottels op vullishope bloot omdat mense nie besef hoe maklik dit is om glas te herwin nie.
Die organisasie The glass recycling company (TGRC) nooi alle Suid-Afrikaners gedurende November uit om deel te neem aan die 2025-glasherwinninguitdaging. Die doelwit van die uitdaging is om 280 ton glas in te samel in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad.
Vir meer besonderhede oor die November uitdaging of TGRC as organisasie, lees die artikel van Maroela Media, of besoek hierdie webwerf.

Die waarde van 'n mentor
Tydens die Oktober SDR vergadering het die Taakspan Mentoraat na aanleiding van hul ondersoek na die behoefte aan 'n taakspan vir mentoraat in die sinode, aanbevelings deurgegee. Hierdie aanbevelings is aanvaar en lees as volg:
Die Noordelike Sinode
bevestig die belangrike rol wat mentorskap in die ontwikkeling, begeleiding en ondersteuning van predikante kan speel.
moedig predikante aan om self 'n mentor te identifiseer en te nader.
moedig ringe aan om visitasie en ander ringsgleenthede te benut om gesprekke rondom die belang van mentorskap te voer.
herinner kerkrade en diensverhoudingskommissies (DVK's) daaraan om na predikante se welstand en versorging om te sien.
Enige predikant kan 'n mentor vir 'n ander wees. Sou jy meer wou weet oor mentorskap en spesifiek mentorskap in die Kerkomgewing, kyk gerus na hierdie opname wat deur Excelsus met ons gedeel is.

Sinode se databasis
In vorige uitgawes van Verskil is die belangrikheid van die sinode se databasis met lesers gedeel en versoeke is gerig dat gemeentes en leraars moet verseker dat hul besonderhede op die databasis opdateer is. Tot op hede is 275 belanghebbendes se besonderhede op die databasis bevestig en is toestemming van hul ontvang om kommunikasie van die sinode te ontvang. As jy nog nie jou besonderhede bevestig het nie, gebruik gerus hierdie skakel.
Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
15 November James Kirkpatrick (Emeritus)
15 November Nelius Steyn (Wonderboom)
22 November Hennie Hoepfner (Albertyn)
Eggenotes
18 November Mari Fritzpatrick, eggenoot van James (Emeritus)
19 November Lizelle Clasen, eggenoot van Ferdie (Emeritus)
Hospitaal
Derick du Toit van Villieria is tans in die intensiewe sorgeenheid.
Bewegings
Beroep
Proponent Ziandri Jacobs is beroep na Kerk-in-Suid gemeente.

Andrê Agenbag, predikant in sinodale diens van die Sinode van Wes-Kaapland en Wouter van Wyk van die Gemeente Kemptonkruin, is na Stellastraat gemeente beroep.
Aanvaar
Deon Groenewald van Pietersburg-Noord het die beroep aanvaar na Edenville gemeente. Hy word op 16 November bevestig.
Paul van Jaarsveld van die Hervormde Gemeente Wapadrand het 'n beroep aanvaar na Magalieskruin gemeente en word op 16 November bevestig.
Emeritaat
Frikkie du Plooy van die Gemeente Florauna emeriteer op Sondag, 16 November. Hy bly op 'n kontrakbasis in die gemeente aan.
Mediese skema inligting
Jy was uitgenooi na inligtingsessies oor die voordeelwysigings aan die Bestmed produkte en gapingsdekkingproduk, wat aangebied is deur Alex Forbes konsultante. Daar is nog 'n geleentheid om een van hierdie sessies by te woon op Woensdag, 19 November om 17:00 tot 18:30.
Kliek hier om die webinaar by te woon.

Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
15 November 1979 Magalieskruin
16 November 1961 Lynnwood
16 November 1967 Rustenburg-Bergsig
18 November 1950 Pietersburg-Noord
18 November 1989 Wonderpark
19 November 1965 Sesmylspruit
20 November 1958 Môregloed
21 November 1971 Eldoraigne
Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskil lesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Die volgende aktiwiteite word beplan in gemeentes van die sinode.
Universiteitsoord



Montana

Lynnwood

Lees hier vir meer besonderhede oor die Palissander Kamerkoor en hierdie besondere geleentheid.

Riviera-Jakaranda
Toerusting
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse Leergeleenthede - Excelsus.

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Riveria-Jakaranda
’n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Vir meer inligting oor die posisie, kliek op hierdie skakel.
Sluitingsdatum: 1 Desember 2025
Hoofuitvoerende Beampte: Bybelgenootskap
Lees hier vir meer besonderhede oor die vakature.
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Inligting oor ander aktiwiteite en geleenthede is ontvang en word graag met lesers gedeel.
Ondersteun Skuilkrans Gemeente

Eerstejaarskamp te Bloemfontein
Studente wat in die Vrystaat gaan studeer word uitgenooi om die eerstejaarskamp buite Bloemfontein by te woon.

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar.
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
