
7 November 2025
Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus
Nuuskierig oor godsdiens?

Week van Gebed 2026 - Nou beskikbaar!
Die 2026 Week van Gebed is nou op CLF se Hulpbronsentrum beskikbaar. Laai dit gratis hier af - https://clf.co.za/resource-toolkit.
CLF skryf: ‘Vanjaar fokus ons op die sewe gemeentes van Openbaring (hoofstukke 2 en 3) — sewe kort briewe wat Christus self aan sy kerk rig. Hierdie briewe is tegelyk histories, profeties en diep persoonlik: dit spreek ware gemeentes in die eerste eeu aan, maar hulle boodskap weerklink tot vandag toe.
Die sewe gemeentes — Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea — vorm ’n simboliese geheel. In die Bybel dui die getal sewe dikwels op volheid of volledigheid; daarom verteenwoordig hierdie briewe nie net sewe plaaslike gemeentes nie, maar die volledige Kerk van Christus deur alle tye en plekke. Christus se woorde is dus nie beperk tot daardie gemeentes nie, maar bedoel as ’n spieël vir elke geloofsgemeenskap: “Laat wie ore het, hoor wat die Gees vir die gemeentes sê.”

Sinodenuus

Eerstejaarskamp

Verbeterde kommunikasie
Die Taakspan vir Kommunikasie het tydens die afgelope SDR-vergadering, terugvoer gegee oor die aktiwiteite wat geimplementeer is in ’n strewe om die kommunikasie in die sinode te verbeter. Van die doelwitte wat reeds bereik is, is die stelselgedrewe verspreiding van massa-kommunikasie en heraktivering van die sinode se sosiale mediaplatforms.
Ander projekte wat nog nie voltooi is nie maar wat geprioritiseer is, is die opdatering van die sinode se databasis en webwerf sodat gemeentes en belanghebbendes makliker toegang tot relevante inligting via die webwerf kan bekom. Vir meer besonderhede oor die taakspan se doelwitte, die vordering daarmee en enkele bevindinge wat hul gemaak het ter verbetering van kommunikasie in die sinode, lees gerus hier.
Taakspan verslag gedateer Oktober 2025
Terugvoer tydens SDR vergadering

Bewys barmhartigheid aan almal
In hierdie opdrag vind die SKDBM hul stigtingsdoel en dit vorm ook die visie van die nie-winsgewende organisasie se uiters belangrike taak.
Lesers is welkom om hul 2024/2025 jaarverslag hier te lees en saam te kyk na ’n opsomming van enkele kernfeite oor die instansie en belangrike projekte wat suksesvol afgehandel is gedurende 2025.
Uittreksel oor projekte voltooi in 2025

Vroeë Kinderontwikkeling
Die taakspan vir Vroeë Kinderontwikkeling het ’n reeks video opnames oor die belangrikheid van die eerste 1000 dae in ’n kind se lewe, asook die rol van speel, gedemonstreer. Die skakel na hierdie inligting en opnames was reeds met lesers gedeel, maar aangesien onlangse bywerkings tot die dokumentasie gemaak is, sluit ons die skakel na die bygewerkte weergawe van al die inligting, in.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
7 November Ernst Muller (Emeritus)
11 November Marius Hunter (Northam)
12 November Nico Behr (Emeritus)
12 November Theuns Kriek (Emeritus)
15 November James Kirkpatrick (Emeritus)
15 November Nico van Wyk (Emeritus)
15 November Nelius Steyn (Wonderboom)
Eggenotes
7 November Ilse Meyer, eggenoot van Tjaart (Kremetart)
8 November Erika Lemmer, eggenoot van Louis (Magalieskruin)
9 November Angelique Jordaan, eggenoot van Pieter (Rustenburg-Bergsig)
12 November Hannelie Kriek, eggenoot van Theuns (Emeritus)

Hospitaal
Derick du Toit van Villieria is steeds in die hospitaal. Hy word vir leukemie behandel. In die afgelope tyd het hy ook longontsteking gehad en sukkel met nierversaking.
Bewegings
Peet Crous van Lynnwood aanvaar sy emeritaat eerskomende Sondag, 9 November, by die oggenddiens. Hy sal ook dan sy afskeidspreek lewer. Hy en sy vrou, Karin, gaan hulle in Kaap Agulhas vestig.

Mediese skema inligting
Jy word uitgenooi na twee inligtingsessies oor die voordeelwysigings aan die Bestmed produkte, wat aangebied sal word deur Alex Forbes konsultante. Gebruik die skakels enige van die sessies by te woon:
Bestmed inligtingsessies
Vrydag, 14 November 2025, 09:00 – 10:30 Kliek hier om webinaar by te woon.
Woensdag, 19 November 2025, 17:00 – 18:30 Kliek hier om webinaar by te woon.
Admed inligtingsessie
Vir meer inligting oor die gapingsdekkingproduk, Supreme, woon hierdie inligtingsessie by.
13 November om 14:00 Alexforbes Admed Gap Member Webinar

Gemeentenuus
Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
12 November 1976 Haakdoorn
13 November 1943 Koedoesrand
15 November 1979 Magalieskruin-Pretoria

Aktiwiteite
As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met Verskil lesers wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Die volgende aktiwiteite word beplan in gemeentes van die sinode.
Universiteitsoord
Montana
Toerusting
Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse Leergeleenthede - Excelsus.

Vakatures

Gemeentes is welkom om inligting oor vakatures in die Verskil te laat plaas. Deel asseblief besonderhede met [email protected].
Riveria-Jakaranda
’n Leraarspos is beskikbaar in die gemeente. Vir meer inligting oor die posisie, kliek op hierdie skakel.
Sluitingsdatum: 1 Desember 2025
Ander
Besoek die Kerkbode vir meer inligting oor vakatures. https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is. Die opdateerde lys is hier beskikbaar
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
