
24 Oktober 2025

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus

Jy is genooi!
Jy word uitgenooi na die 2025-legitimasieplegtigheid wat op 6 November gehou word. Lees die uitnodiging en proses wat jy moet volg as jy die geleentheid wil bywoon, hier.

Foto tydens die 2024-legitimasieplegtigheid geneem.
Sinodenuus

Gesprekke oor Helderheid
Die laaste wegbreek in 2025 vir predikante het van 14-16 Oktober by Tsekama plaasgevind. Dit was reeds die vierde wegbreek waar daar gefokus word op vertroulike gesprekke oor Hermeneutiek, verhoudingsbou, kuier en rus in die natuur.
Die ideaal van die taakspan is om vir al die predikante in groepe van vyftien geleentheid te gee om op so manier batterye te herlaai. Daar gaan nog net twee geleenthede wees voor die sinodesitting wat van 18-22 Oktober te Weesgerus plaasvind. Die datums vir die wegbreke sal so gou moontlik in die Verskil bekend gemaak word.

Voedselsekerheid verbeter, maar baie gaan slaap steeds honger
Alhoewel die Suid-Afrikaanse voedselsekerheidsindeks met meer as 25% toegeneem het sedert 2023, gaan slaap een uit elke tien kinders steeds honger. Dit is van die enkele realiteite wat gedeel is in die onlangse bekendmaking van die voedselsekerheidsindeks.
Lees meer hieroor hier -
of kyk en luister na die opname hier

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
25 Oktober - Thom Schutte (Emeritus)
26 Oktober - Emile Rademeyer (Kerk-in-Suid)
28 Oktober - Frikkie du Plooy (Florauna)
28 Oktober – Neels Els (Emeritus)
29 Oktober - Thinus Grobler (Emeritus)
29 Oktober - Johan Wildenboer (Florandia)
29 Oktober – Anton Binneman (Wespoort)
31 Oktober - Neels van Niekerk (Emeritus)
Eggenotes
25 Oktober – Eileen Kotze, eggenote van Joggie (Dwaalboom)
28 Oktober – Esna Strydom, eggenote van Gerrie (Florandia)
31 Oktober – Rika Lübbe, eggenote van Paul (Emeritus)

Hospitaal
Derrick du Toit (Villieria) is weer in die hospitaal.
Bewegings
Afskeid
Peet Crous, leraar van Lynnwood Gemeente, emeriteer aan die einde van 2025. Die gemeente groet hom en Karin op Sondag 9 November 2025 om 09:00 tydens die oggenddiens.
Beroep
Lourens Bosman (emeritus) is beroep as brugleraar vir die Ring van Daspoort.

Tempo – Emosionele gesondheid
Kom luister en gesels saam met kundiges oor afknouery in die werk- en leerplek. Jy sou ’n uitnodiging na ’n Bestmed Tempo inligtingsessie ontvang het, indien nie, gebruik hierdie skakel om te registreer vir die geleentheid op 29 Oktober om 12:00.

Neem ’n ingeligte besluit!
Mediese skema lede mag een keer per jaar, gedurende Desember, van opsie verander vir die daaropvolgende jaar. Hierdie reëling beklemtoon die belangrikheid van inligting wat gedurende hierdie tyd oor die voordeelveranderinge met jou gedeel word. Dit is noodsaaklik dat jy ’n ingeligte besluit neem hetsy jy op dieselfde opsie gaan bly gedurende 2026, of as jy van opsie wil verander.
Adviseurs van Alex Forbes, die sinode se aangestelde medieseskema tussengangers, is beskikbaar om jou te help om jou keuse te maak en om die veranderinge te verstaan. Skeduleer ’n afspraak met een van die adviseurs (direk op hul dagboeke) om jou unieke situasie met hul te bespreek, aanlyn of telefonies. Gebruik hierdie skakel vir toegang.
Kyk na ’n opname deur Alex Forbes oor watter faktore jy in ag moet neem sou jy dit oorweeg om van opsie te verander.
Skakel in by een van die twee inligtingsessies wat deur Elrene Marais, die adviseur, aangebied gaan word op 14 November om 09:00 en 19 November om 17:30. Skakels na hierdie sessies sal in toekomstige uitgawes van die Verskil geplaas word, maar jy sal ook persoonlik uitnodigings ontvang.

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
28 Oktober 1974 - Bergtuin

Aktiwiteite
Die Verskil word deur sowat 700 lesers per week gelees. As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met hierdie lesertal wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Terugflits
Universiteitsoord
Die gemeente se pretdraf op 18 Oktober was ’n nat, maar oorweldigende sukses! Hier is ’n paar fotos van die geleentheid.



Toekomsblik
Die volgende aktiwiteite word beplan in gemeentes van die sinode.
Wonderpark

Wonderboom

Rietfontein-Noord

Universiteitsoord
Kerssangdiens
Die gemeente skryf: “Hierdie jaar kyk ons op ’n nuwe manier na die Kersverhaal – deur die five joyful mysteries wat oor vyf ongelooflike ontmoetings vertel. Dis nie net stories van toe nie, dis uitnodigings om vandag weer iets van God se nabyheid te ontdek. ✨
Daar gaan baie gesing word (al die favourites 😍), en Maricus & die band het splinternuwe musiek in die pyplyn – selfs ’n stukkie Christmas jazz! 🎷🔥
Ons gaan saam feesvier, saam stil word, en ruimte maak vir die Here om iets besonders te doen.
📅 Sondag 26 Oktober om 19:00 by NG Universiteitsoord
Kom vier saam met ons – ’n aand vol musiek, vrede en kerslig. 🌟 “

Waverley-Oos
Juanita du Plessis vertoning op 31 Oktober om 19:00
Lees besonderhede hier.
Florandia

Eldoraigne

Raslouw

Toerusting


Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse Leergeleenthede - Excelsus.

Vakatures

https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is. Die opdateerde lys is by [email protected] beskikbaar.
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
