
17 Oktober 2025

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud
Varsnuus

Hoe gaan dit met julle Tienerbediening?
Indien jy saam met ander predikante en jeugwerkers wil besin oor bediening aan tieners, kan jy eerskomende Woensdag 22 Oktober, 10:00 tot 12:00 inskakel by ‘n Zoom-gesprek wat deur die Taakspan Jeug gereël word.
Kliek hier vir die Zoom-skakel.
Die taakspan beplan dat dit die begin sal wees van ‘n gereelde gesprek oor jeugbediening.
Hierdie gesprek vervang die beplande saamkuier by Badseloop van 21 tot 23 Oktober. Die saamkuier word nie afgestel nie, maar geskuif tot vroeg in die nuwe jaar. Meer inligting hieroor volg binnekort.

Seisoen loop ten einde
Die 2025-seisoen van ringsittings in die Noordelike Sinode het die afgelope Saterdag, 11 Oktober, met die ringsitting van die Ring van Pretoria-Noord ten einde geloop. Al sestien ringe het sedert die begin van Augustus vergader.
Drie van hierdie ringe lê in die weste van die sinodale gebied, naamlik Rustenburg, Northam en Krokodilriver. Vyf lê in die noordelike deel van die sinode te wete, Waterberg, Pietpotgietersrus, Pietgersburg/Polokwane, Louis Trichardt en Midde Afrika. Die ander agt lê in Pretoria: Sesmylspruit, Pretoria-Oos, Suidoos-Pretoria, Sentraal-Moot, Daspoort, Derdepoort, Pretoria-Noord en Wonderboom.
Ringsittings is ‘n baie belangrike gestalte van ons kerkverband. Ringsittings is die plek waar die 103 gemeentes waaruit die Noordelike Sinode tans bestaan, in kleiner groepe bymekaarkom om saam te besin oor hoe hulle, hulle konteks interpreteer en daarop reageer.

Hierbo verskyn ‘n foto wat by die Ring van Midde-Afrika se sitting in Harare geneem is.
Sinodenuus

Eerstejaarskamp 2026
Universiteitsoord skryf: “Versprei asseblief die woord sodat al die eerstejaars in die land wat in Pretoria kom studeer, bewus sal wees van die Eerstejaarskamp en dit sal bywoon. Dit hoef nie net studente aan die Universiteit van Pretoria te wees nie. Indien jy nie studente in jou gemeente het nie, deel dit steeds! Gebruik die volgende skakel vir die inskrywingsvorm asook meer inligting oor die kamp: https://www.universiteitsoord.co.za/eerstejaarskamp "

Raak betrokke by die ekologie
Persone wat graag wil saam dink oor ekologie is welkom om die Taakspan Ekologie se vergadering op 30 Oktober, 10:00 by die Gemeente Lynnwood by te woon. Kontak gerus die uittredende voorsitter, Peet Crous, by 079 893 5572. Jy is ook welkom om die direkteur van die Noordelike Sinode, Paul Grobler, te kontak by 082 653 5734.

Volhard in getuienis!
Die 27ste Algemene Vergadering van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK) vind vanaf 14 tot 23 Oktober in Chiang Mai, Thailand plaas.
Die NG Kerk is een van 115 lidkerke om hierdie byeenkoms by te woon. Die lidkerke aan die WGGK verteenwoodig 100 miljoen gelowiges wëreldwyd.
Die tema van die vergadering is Volhard in getuienis.
Direkte stroming van die vergadering kan gevolg word by https://www.youtube.com/@WCRC

Ons databasis groei!
Tans is daar 263 persone wat hul inligting op die sinode se databasis opdateer het. Die getal was 249 op 3 Oktober. Ten einde te verseker dat ons met jou kommunikeer via jou voorkeurkanaal en om ons toestemming te gee om jou in te sluit in ons kommunikasienetwerk, gebruik hierdie skakel.

Opskerping van ons sosiale media platforms
Die Sinode het ’n projek geloods om al ons sosiale media platforms te inkorporeer in ons kommunikasiestrategie. Besoek en gebruik gerus die verskillende platforms. Skakel na Facebook en Instagram.

Kolleganuus

Verjaarsdae
As jy of jou eggenoot die week verjaar en jul besonderhede is nie gelys nie, laat weet asseblief vir Elmarie by [email protected] of 0824966317.
Leraars
17 Oktober – Francois Malan (Emeritus)
21 Oktober – Jan Barnard (Emeritus)
Eggenotes
20 Oktober – Pat de Vos, eggenoot van Daniël (Emeritus)
21 Oktober – Johan Marx, eggenoot van Joleen (Pietersburg-Noord)
22 Oktober – Rosa van As, eggenoot van Johan (Wonderboom-Suid)
23 Oktober – Pieter Schoeman, eggenoot van Lizl-Louise (Monumentpark)
Bewegings
Gustav Claassen (emeritus) is as brugleraar na Pretoria-Tuine beroep.

Bestmed Mediese Skema veranderings aan voordele en ledegeld
Die Noordelike Sinode se aangestelde mediese skema tussengangers, Alex Forbes, se opsomming van die belangrikste wysigings aan die voordele en ledegeld vir Bestmed se produkreeks asook dié van die gapingsdekkingprodukte, sal in die Verskil van 24 Oktober gedeel word. Dit sal die skedule vir die jaarlikse inligtingsessies (datums en tye) insluit. Die inligting wat deur Bestmed versprei is, is hier beskikbaar. 2026-Voordeelwysigings en 2026-Ledegeld.

Gemeentenuus

Stigtingsdatums
As jou gemeente se stigtingsdatum nie ooreenstem met die inligting wat in Verskil ingesluit word nie, laat weet ons asseblief deur met Elmarie te skakel by 0824966317 of stuur ’n epos aan [email protected].
19 Oktober 1935 Vorentoe
19 Oktober 1959 Wonderboom
20 Oktober 1950 Roedtan
22 Oktober 1969 Warmbad-Wes
23 Oktober 1946 Wonderboom-Suid
23 Oktober 1948 Dwaalboom

Aktiwiteite
Die Verskil word deur sowat 700 lesers per week gelees. As jy inligting oor aktiwiteite in jou gemeente met hierdie lesertal wil deel, stuur dit betyds aan [email protected]. Ons plaas ook graag inligting oor die sukses van gebeure na afloop daarvan. Deel jul ervarings met ons.
Wonderpark

Wonderboom

Rietfontein-Noord

Universiteitsoord
Kerssangdiens
Universiteitsoord skryf: “Hierdie jaar kyk ons op ’n nuwe manier na die Kersverhaal – deur die five joyful mysteries wat oor vyf ongelooflike ontmoetings vertel. Dis nie net stories van toe nie, dis uitnodigings om vandag weer iets van God se nabyheid te ontdek. ✨
Daar gaan baie gesing word (al die favourites 😍), en Maricus & die band het splinternuwe musiek in die pyplyn – selfs ’n stukkie Christmas jazz! 🎷🔥
Ons gaan saam feesvier, saam stil word, en ruimte maak vir die Here om iets besonders te doen.
📅 Sondag 26 Oktober om 19:00 by NG Universiteitsoord
Kom vier saam met ons – ’n aand vol musiek, vrede en kerslig. 🌟 “

Florandia

Eldoraigne

Raslouw

Toerusting

Kursusse

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse Leergeleenthede - Excelsus.
Vakatures

https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

Ander Nuus

Preekgeleenthede
Baie dankie aan al die predikante wat aangedui het dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesig is.
- Bennie Benadé [email protected] 
- Anton Binneman [email protected] 
- Camile Castelyn [email protected] 
- Gustav Claassen [email protected] 
- Christo Jansen van Vuuren [email protected] 
- Johan de Villiers [email protected] 
- Theuns Kriek [email protected] 
- Martin Lazenby [email protected] 
- Louis Louw [email protected] 
- Stanley Marais [email protected] 
- Danie Neumann [email protected] 
- André Smuts [email protected] 
- Johan van Staden [email protected] 
Selfoonnommers is beskikbaar by [email protected].
As jy ook beskikbaar is, deel asseblief jou besonderhede met Elmarie.
Uitnodiging
Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].
Vorige uitgawes
Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.
