verskil

3 Oktober 2025

October 02, 20255 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Verskil Banner

Welkom by hierdie uitgawe met die volgende inhoud

Varsnuus

Varsnuus

Eerstejaarskamp 2026

Universiteitsoord skryf:

Om hierdie kamp weereens ‘n sukses te maak en die kamp vir die soveelste jaar te kan hou, benodig Universiteitsoord jou hulp! Versprei asseblief die woord sodat al die eerstejaars in die land wat in Pretoria kom studeer, daarvan sal weet. Dit hoef nie net studente aan die Universiteit van Pretoria te wees nie. Indien jy nie studente in jou gemeente het nie, deel dit steeds! Jy weet nooit of daar ʼn ouma of oupa is wat hulle kleinkinders wil oortuig om op die kamp van hulle lewe te gaan nie. Gebruik die volgende skakel vir die inskrywingsvorm asook meer inligting oor die kamp: https://www.universiteitsoord.co.za/eerstejaarskamp

1e jaar kamp

Vordering met opdatering van die sinode se databasis

Tot op hede het ons 249 predikante, kerkkantore en ander belanghebbendes in die sinode, se besonderhede en toestemming om met hul te kommunikeer, ontvang (was 192 op 26 September). Sodra ons meer belanghebbendes se toestemming ontvang en die meerderheid van die sinode se kontakte opdateer is, sal ons die nuwe kommunikasiestelsel implementeer. Ten einde te verseker dat jy wel voortaan deel vorm van diegene met wie die sinode kommunikeer, dateer asseblief jou besonderhede op deur op die volgende skakel te kliek. Skakel na sinode se databasis.

Jy kan ook die QR kode gebruik om toegang tot die databasis te verkry.

QR

Sinodenuus

sinodenuus

Predikante-wegbreek

Die volgende geleentheid is geskeduleer vir 14 tot 16 Oktober by Tsekama Lodge, buite Modimolle. Tydens die wegbreek sal daar insiggewende gesprekke oor hermeneutiek, met die tema: “Op soek na helderheid”, gehou word. Kontak die direkteur, Paul Grobler, by 082 653 5734 / [email protected] om jou plek te verseker.

Vuur

Tienerbediening

Almal wat by jeugbediening betrokke is, word genooi om van 21 tot 23 Oktober by Badseloop te kom kuier, om nuwe netwerke te bou, vriende te maak, te deel, te leer en jouself gate uit te geniet. Die volledige inligting is hieronder beskikbaar.

Tiener

Die vernietigende impak van kitsmode

In ’n artikel in die Kerkbode van 29 September, vertel Fay van Eeden:

”Volgens die 2015-dokumentêr The true cost, verbruik die wêreld elke dag ongeveer 80 miljard nuwe kledingstukke. Dit is vier honderd persent meer as die verbruik twintig jaar gelede. Die gemiddelde Amerikaner genereer amper 40kg tekstielafval elke jaar.”

Lees hier meer oor wat kitsmode aan ons planeet doen en watter alternatiewe daar vir jou as verbruiker bestaan - Kerkbode.

planeet

Belangrike datum – 29 Oktober

Die volgende Sinodale Diensraadvergadering is geskeduleer vir 29 Oktober om 9:00. Hierdie geleentheid sal by die Gemeente Universiteitsoord gehou word. Verwante vergaderingsdokumentasie sal later in Oktober versprei word.

blokke

Leraarontginningsprogram

Die leraarontginningsprogram bied aan predikante die geleentheid om intensief te fokus op hulle selfbewussyn en selfverstaan van hulle vaardighede, asook moontlike ontginningsareas. Tydens hierdie twee dae van intensiewe fokus, word daar aandag gegee aan die volgende aspekte: Spiritualiteit, “sensemaking”, visie, verhoudinge en implementering. Die volgende geleentheid vind op 3 en 4 November in Pretoria plaas en predikante verdien ook VBO-punte vir deelname hieraan.

Daar is beperkte plek beskikbaar en daarom moet belangstellendes so gou moontlik kontak maak met een van die taakspanleiers, Paullet Grobler ([email protected]) of Bennie Powell ([email protected]). Jy kan enige van die twee ook kontak vir meer inligting. Verder is jy ook welkom om die direkteur, Paul Grobler te skakel by 082 653 5734.

plantjie

Stem jy saam?

sosiale

Sosialemediabeïnvloeders hou die grootste bedreiging in om onwaarhede of misleiding oor nuusgebeure te versprei. So meen byna die helfte (48.1%) van deelnemers aan ’n opname waarin Kerkbode tans by lesers wil hoor watter nuusbronne gebruik en vertrou hulle vandag. Jy kan ook saam gesels deur hierdie vinnige opname (vat minder as vyf minute) maklik op jou selfoon of rekenaar in te vul. Die Kerkbode is baie dankbaar vir almal wat deelneem aan hierdie opname. Kliek hier.

Sosiale media

Kolleganuus

kolleganuus

Verjaarsdae

Leraars

4 Oktober - Hennie Coetzer

5 Oktober - Dawie Rotteveel

6 Oktober - Luné Dorfling

Eggenotes

3 Oktober - Sonja Prozesky, eggenoot van Freddie (Pietersburg-Noord)

4 Oktober - Maryke Swanepoel, eggenoot van Rivandu (Pretoria-Oos)

balonne

Medelye

Issie van Heerden, weduwee van Leon (voorheen van Rietfontein-Suid), is die afgelope week oorlede.

Hospitaal

Danie van Rensburg (Bergtuin/Jan Niemandpark) was in die hospitaal vir ’n operasie.

kersfeesrose

Bewegings

Paul van Jaarsveld, van die Hervormde Gemeente Wapadrand, is na die Gemeente Magalieskruin beroep en hy het dit aanvaar.

beweging

Afskeid

Eddie de Waal het vroeër reeds geëmeriteer. Sy verlengde kontrak eindig nou en hy lewer op 5 Oktober sy afskeidspreek na veertig jaar se bediening in die Gemeente Daspoort. Hy en Helena gaan hulle in Pretoria vestig.

Eddie

Dawie Rotteveel lewer op 19 Oktober sy afskeidspreek by die Gemeente Pretoria-Tuine.

Gemeentenuus

Gemeentenuus

Stigtingsdatums

7 Oktober 1942 - Riviera-Jakaranda Gemeente

9 Oktober 1943 - Thabazimbi Gemeente

jakkaranda

Aktiwiteite

Universiteitsoord

Run

Wonderboom

Mark

Florandia

Frloriandza

Toerusting

ToerustingToerusting

Ander kursusse

excelsus

Besoek gerus Excelsus se webwerf vir inligting oor kursusse. https://www.excelsus.org

excelcus

Vakatures

vakatures

Messina: Voltydse leraar

Sluitingsdatum is 9 Oktober 2025 om 12:00.

Rig navrae aan telefoonnommer 073 533 7628 of e-pos [email protected]

Ander vakatures

https://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures

vakatures

Ander Nuus

ander

Fondsinsameling

Derdepoort Voorskoolse Ontwikkelingsentrum

Mark

Preekgeleenthede

Die volgende predikante het aangedui dat hul beskikbaar is om eredienste te lei in gemeentes waar daar vakatures is, of wanneer leraars afwesigheid is.

Johan de Villiers [email protected]

Louis Louw [email protected]

Stanley Marais [email protected]

Anton Binneman [email protected]

Bennie Benadé [email protected]

Theuns Kriek [email protected]

Danie Neumann [email protected]

Christo Jansen van Vuuren [email protected]

André Smuts [email protected]

As jy ook beskikbaar is vir aflosgeleenthede, deel asseblief jou besonderhede met [email protected].

Uitnodiging

Inligting van gemeentegebeure, projekte, stories van hoop en getuienisse van God se liefde, word steeds verwelkom. Stuur dit aan [email protected].

Vorige uitgawes

Lees dit hier deur op die onderstaande skakel te kliek.

Vorige uitgawes van Verskil.

hou vas

Back to Blog