SDR Kommunikasie Terugvoer

Kommunikasie 7 November

November 06, 20251 min read
Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

TAAKSPAN KOMMUNIKASIE

Die Taakspan oor Kommunikasie het tydens die afgelope SDR-vergadering terugvoer gegee oor die aktiwiteite wat implementeer is in ’n strewe om die kommunikasie in die sinode te verbeter. Van die doelwitte wat reeds bereik is, is die stelselgedrewe verspreiding van massa-kommunikasie en heraktivering van die sinode se sosiale media platforms. Ander projekte wat nog nie voltooi is nie maar wat prioritiseer is, is die opdatering van die sinode se databasis en webwerf sodat gemeentes en belanghebbendes makliker toegang tot relevante inligting via die webwerf kan bekom. Vir meer besonderhede oor die taakspan se doelwitte, die vordering daarmee en enkele bevindinge wat hul gemaak het ter verbetering van kommunikasie in die sinode, lees gerus hier.

Taakspanverslag gedateer Oktober 2025

Terugvoer tydens SDR-vergadering

Back to Blog