
Wêreldklas Kommunikasie & Bestuurstelsel
'n Nuwe Tegnologiese Era
Lesers sal verheug wees om te hoor dat die Noordelike Sinode ’n nuwe kliëntedata- en kommunikasieplatform geïmplementeer het, waartoe u self toegang sal hê om u persoonlike inligting op te dateer.
Hierdie nuwe databasis en kommunikasie-instrument stel ons in staat om gerigte boodskappe aan spesifieke groepe lesers te stuur. Dit help ons om onnodige kommunikasie te vermy én verseker dat belangrike inligting u betyds bereik.
✅ Korrekte kontakbesonderhede is die kern van enige effektiewe kommunikasie.
Teenoor die algemene persepsie, is die databasis van die Noordelike Sinode ’n komplekse stelsel met veelvuldige verhoudings — veral tussen predikante en die instansies waaraan hulle verbonde is.
Hoewel daar verskeie bestaande databasisse is, is die gevolgtrekking ná deeglike assessering dat dit beter is om leraars en gemeentekantore self toe te laat om hul inligting direk in te voer. Só verseker ons dat ons toekomsgerig, akkuraat en volledig kommunikeer.
📝 Ons vra dus een laaste keer dat u die vorm op die onderstaande skakel so volledig moontlik invul.
Die inligting wat u insleutel, word outomaties in die stelsel opgeneem — sonder verdere handmatige verwerking.
Hierdie projek gaan die Sinode se kommunikasie met predikante, kerkkantore en ander belanghebbende instansies aansienlik verbeter en versnel. U ervaring van ons diens aan u sal dus ook merkbaar verbeter.
Kliek asseblief hier en voltooi jou kontak besonderhede om te verseker dat jy nie uitgelaat word of agterbly nie.
Daar is boonop verskeie ander voordele — soos hieronder uiteengesit.

Wat se impak gaan die verandering op my hê?
‘n Nuwe webwerf wat leraars en kerkkantore sal in staat stel om ook self inligting en vorms te bekom
Uitgebreide kommunikasie metodes
Selfbediening opsies vir die wat dit so verkies

Wat kan ek doen om by te dra tot die sukses en voordeel te trek?
Vra asb die kerkkantoor personeel om ook die skakel te voltooi ten einde te verseker dat hulle aandui of hulle belangstel in Kommunikasie of administratiewe verwante kommunikasie
Deel met ander die nuus van die verandering
Wanneer jy WhatsApps ontvang nadat jy inteken kliek asb op die vinnige knoppies onder aan die boodskap sodat Meta weet jy wil graag die kommunikasie ontvang

Wat se veranderings moet jy binnekort verwag?
Hierdie is die onmiddellike veranderings wat jy kan verwag in die nabye toekoms:
